Landbouweekblad

OPKOMENDE BOER PLEIT OM FINANSIERI­NG

-

’n Jong opkomende boer het op Agri SA se jaarkongre­s gepleit om hulp of raad oor hoe hy finansieri­ng kan kry om sy boerdery uit te brei.

Mnr. Ettienne van Wyk, veeboer van Marydale wat vroeër vanjaar ook ’n spreker op Landbouwee­kblad en Agri SA se grondberaa­d by Bela-Bela was, sê hy is “heeltemal benoud” omdat die grond waar hy boer, te klein is vir sy planne.

“Ek sit in ’n tragedie. As daar iemand is wat my kan help, of kan sê waar ek moet gaan aanklop . . .”

Hy het reeds goeie mentors in sy omgewing en ’n goeie rekenmeest­er “wat my ore draai as ek té haastig raak (om uit te brei)”.

JACO NEL skryf: Daar is wit boere wat ook met dié probleem sit. Omdat ons nie grond op ons naam het nie, word daar nie eens in jou rigting gekyk wanneer jy wil aansoek doen om ’n lening nie. Baie van ons huur grond. Dis ál manier.

HENDRIK NEL skryf: As jy ’n boer is, moet jy maar jou trane afdroog en na alternatie­we kyk. As jy vinniger wil uitbrei as wat jou inkomste toelaat, dan is jy tien teen een op ’n plek waar jy vir jouself ’n gat gaan grawe. Sy probleem is allermins uniek. Inteendeel, dis algemeen.

JUDITH SWANEPOEL skryf: Ek wonder hoe generasies boere reggekom het tot nou toe met geen staatshulp nie en niks verniet kry nie, behalwe as jy destyds ’n hensopper was wat ingekruip het by the powers that

be . . . Dit werk mos vandag nog so — maak maats met die elite op die soustrein. Of kry murg in jou pype, want ’n boer moet dit hê.

JOHAN SCRIBANTE skryf: Ons almal pleit vir finansieri­ng.

LUKAS POTGIETER skryf: Grondgrype­rs het miskien ’n beter kans om finansieri­ng te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa