WÉRK VIR GROND

Landbouweekblad - - Briewe -

Die le­sers­brie­we ná Land­bou­week­blad en A­gri SA se Be­la-Be­la-grond­be­raad het be­trek­king. Ek wil nie af­breek doen aan die ge­leent­heid nie, maar wil graag my me­ning lug.

On­ge­veer 80 jaar ge­le­de het my va­der ’n stuk­kie grond vir 300 pond ge­koop. Hy kon geen fi­nan­sie­ring kry nie, maar het dit ge­koop met die hulp van ’n vriend en het hom te­rug­be­taal. Hy het ’n paar jaar lank ge­boer, maar weers­om­stan­dig­he­de het ge­maak dat hy weer by die myn gaan werk het.

Hy kon weer nie fi­nan­sie­ring kry nie, maar het da­rem sy stuk­kie grond be­hou.

Ja­re la­ter wou ek en my broer ’n be­sproei­ings­per­seel by Gro­blers­dal koop. Ons kon nie fi­nan­sie­ring kry nie.

Kal­lie S­choe­man praat van die bin­ne­baan (“Blou­bloed-boer se oë gaan oop ná grond­ver­ho­re”, LBW, 7 Sep­tem­ber 2018). Dít het ek nooit in my le­we ge­kry nie. Ek het nie eens ge­weet daar be­staan so iets nie.

Ek het in my le­we deur baie ou trust­ge­bie­de ge­ry. Wat daar ge­beur het, was oor­be­wei­ding en grond­e­ro­sie. Geen boer­de­ry nie. Van die ge­bie­de is nog deur oom Paul Kru­ger ge­gee. Die­self­de in la­te­re trust­ge­bie­de.

Ek was on­langs op pla­se wat die staat aan swart “boe­re” ge­gee het. Hul­le sit net en wag dat wit boe­re die grond by hul­le huur. Daar ge­beur niks.

In die vroeë 1960’s het boe­re by Ma­fi­keng die lan­de vir swart boe­re ge­ploeg en ge­plant. Ek was weer daar ná 1990. Geen swart boe­re nie.

Kal­lie S­choe­man, hoor nou wat die men­se oor­kant die ri­vier sê!

Wat is die op­los­sing? Ek weet nie. Ons moet net op­pas dat ons nie ons eers­ge­bo­re reg ver­ruil vir ’n pot len­sie­sop, soos ons al dik­wels ge­doen het nie.

U moet weet, ek gun al­mal in ons land ’n mens­li­ke be­staan, maar dan moet daar­voor ge­wérk word, en nie “ge­steel” word nie. Hou op af­breek, en wérk! SAK­KIE HENN Bet­hal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.