50 JAAR GE­LE­DE

Landbouweekblad - - Briewe -

Uit: Land­bou­week­blad, 29 Ok­to­ber 1968

OUD-MATROOS BOER MET SEEGRAS

As oud-vloot­of­fi­sier het hier­die boer vir hom ’n eg­te see­boer­de­ry op die been ge­bring. Sy hoof­boer­de­ry is seegras, en daar­uit kom ’n ste­wi­ge in­kom­ste. Kom­man­deur J.H. Wicht, wat tot ’n klom­pie ja­re ge­le­de ’n of­fi­sier in die vloot was, wou ná sy uit­tre­de gaan boer, maar die lief­de vir die see was nog sterk. Hy het ’n plaas langs die blou wa­ters van Sal­dan­ha­baai aan­ge­skaf.

Seegras is dees­dae ’n ge­sog­te ar­ti­kel en van groot kom­mer­si­ë­le be­lang. Die gras be­vat ’n stof, a­gar-a­gar, wat vir die maak van pe­ni­sil­lien ge­bruik word. Dit word ook deur on­der tand­art­se en die ver­vaar­di­gers van dro­ë­sel­bat­te­rye en teks­tiel­wa­re ge­bruik.

’n Voor­deel van see­gras­boer­de­ry is dat daar nie ge­ploeg, ge­plant en ge­saai hoef te word nie. Die gras spoel een­vou­dig uit. Al wat die boer moet doen, is om dit te “oes” met ’n trek­ker en sleep­wa.

Km­dr. Wicht boer ook met ska­pe, bees­te, var­ke en graan.

In die win­ter word pro­ble­me met die droog van die gras on­der­vind. Die aan­ge­we­se me­to­de is dan om die gras op dra­de te hang so­dat dit nie met die grond in aan­ra­king kom nie.

Soms spoel seegras net tot in die vlak wa­ter. ’n Trek­ker met ’n ghrop word dan ge­bruik om dit tot op die strand te hark. Dié trek­ker word ge­reeld na­ge­sien, en doen die werk al se­we jaar lank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.