WINDSKADE BRING GROOT VER­LIE­SE

Landbouweekblad - - Lbw Nuus - AMELIA GENIS

STERK wind is be­sig om oes­tyd in die Wes-Kaap in ’n nag­mer­rie te laat ont­aard.

Die Swart­land het mid­del Ok­to­ber deur­ge­loop en teen die ein­de van die maand het die wind ook groot ska­de in die Suid-Kaap aan­ge­rig.

Land­bou­kun­di­ges sê oes­te is meest­al be­ter as ver­le­de jaar, maar die om­vang van die ska­de wat die wind aan­ge­rig het, moet nog be­re­ken word.

Mnr. Lombard van Jaars­veld, land­bou­raad­ge­wer by O­ver­berg A­gri op Moor­rees­burg, sê boe­re oes met me­ning. Op­brengs­te van 1,5 tot 4 ton/ha ko­ring word daar be­haal. “Ons hoop om ge­mid­deld so­wat 2,7 t/ha in ons streek te haal.” Hy sê die op­brengs­te ver­skil so baie om­dat die wind van 12 tot 14 Ok­to­ber die pit­te uit die are en groot ska­de aan­ge­rig het. “Dit is nog te vroeg om te sê, maar die ska­de kan in se­ke­re ge­bie­de tot 45% wees.”

Meer as 60% van die ko­ring wat tot dus­ver in­ge­neem is, is van die graad B1 en ’n kwart is B2.

LAAT RE­ËN

Mnr. Henk de Beer, hoof­be­stuur­der van be­dry­we by Sen­traal-Suid Ko­ö­pe­ra­sie (SSK) op S­wel­len­dam, sê 35% van die ver­wag­te oes is reeds in­ge­sa­mel. “Dit is hoof­saak­lik gars en ka­no­la, en so ’n bie­tjie ko­ring, wat al­les goeie ge­hal­te is.”

On­ge­luk­kig het die wind van 29 en 30 Ok­to­ber groot ska­de aan plat­ge­sny­de graan en ka­no­la aan­ge­rig.

De Beer sê dit is eint­lik nog net boe­re by S­wel­len­dam, Kar­ring­melk­s­ri­vier en Pro­tem wat al oes. “By Hei­del­berg, Ri­vers­dal en Al­ber­ti­nia is dit stil. Ons hoop dit tel la­ter op.”

As ge­volg van laat re­ën is op­brengs­te by S­wel­len­dam be­ter as wat in Au­gus­tus ver­wag is. SSK ver­wag nie goeie oes­te by Hei­del­berg, Ri­vers­dal en Al­ber­ti­nia nie, maar hoop op die bes­te.

Die graan raak on­e­we­re­dig ryp in die Suid-Kaap, sê De Beer. “Van die graan is reeds kraak­ryp, ter­wyl daar plek­ke is waar ryp en groen graan op die­self­de land voor­kom en nog an­der plek­ke waar die oes nog ’n he­le tyd­jie van ryp af is.”

O­VER­BERG HALFPAD MET GARS

Boe­re by Ca­le­don, Ri­vier­son­der­end, Na­pier en B­re­das­dorp is “vol aan die oes”, sê mnr. Jo­han Lus­se, be­stuur­der van graan­diens­te by O­ver­berg A­gri.

“Hul­le het 50% van die gars ge­oes en pas met ko­ring be­gin. ’n Der­de van die ka­no­la-oes is in­ge­neem.”

Lus­se sê tot dus­ver is die op­brengs­te ge­mid­deld tot bo­ge­mid­deld. “Die gars­gra­de is goed. S­tik­stof­vlak­ke neig ef­fens ho­ër, maar is dank­sy toe­ge­wings van AB InBev aan­vaar­baar.”

Vol­gens hom is dit te vroeg om te sê of van­jaar se oes be­ter as ver­le­de jaar s’n is. “Dit is nie nood­wen­dig o­ral be­ter nie. Die we­s­te­li­ke deel van O­ver­berg A­gri se be­die­nings­ge­bied in die SuidKaap is dalk be­ter, ter­wyl die oos­te­li­ke deel hier en daar die­self­de of swak­ker is.”

Die mees­te ka­no­la is reeds in die Swart­land ge­le­wer, maar nog net 20% van die ge­skat­te ko­ring­oes is al ge­oes, sê mnr. Jo­han de Lan­ge, hoof­be­stuur­der van reg­streek­se ver­ko­pe en diens­te by Kaap A­gri.

Vol­gens hom lyk dit of hul­le ’n bo­ge­mid­del­de oes oor die groot­ste deel van die Swart­land kan ver­wag. “Die oos­te­wind en droog­te in die mid­del van die sei­soen het wel ’n uit­wer­king op pro­duk­sie in se­ke­re de­le ge­had.”

Die sterk wind in Ok­to­ber het we­sen­li­ke ska­de aan graan noord van Por­ter­vil­le aan­ge­rig, maar hul­le kan nog nie die om­vang daar­van be­paal nie.

FO­TO: AMELIA GENIS

Die wind rig groot ska­de aan by graan en ka­no­la in die Swart­land en Suid-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.