C­HI­NA | Nu­we stan­daar­de vir voer­so­ja

Landbouweekblad - - Lbw Nuus -

Die C­hi­ne­se re­ge­ring het nu­we rig­ly­ne neer­ge­lê vir die pro­te­ïen­in­houd van dierevoer. Dit kom te mid­de van wyd­ver­sprei­de po­gings in die land om sy af­hank­lik­heid van soja as ’n be­stand­deel in vee­voer te ver­min­der, wat op sy beurt spruit uit die han­dels­oor­log met A­me­ri­ka, C­hi­na se naas­groot­ste bron van so­ja­bo­ne.

C­hi­na koop as ’n re­ël so­wat twee der­des van al­le soja wat in­ter­na­si­o­naal ver­han­del word, om te help om sy e­nor­me veekud­de te voer. Die land pro­beer nou sy af­hank­lik­heid van soja ver­min­der deur an­der voer­bron­ne te be­nut en pro­te­ïen­vlak­ke in dierevoer te ver­min­der.

Die pro­te­ïen­vlak vir vark­voer is met 1,5 per­sen­ta­sie­pun­te ver­laag, en dié vir hoen­der­voer met 1 per­sen­ta­sie­punt. Vol­gens ’n han­de­laar in Bei­jing ge­bruik die mees­te groot voer­meu­lens reeds min­der so­ja­meel as ver­le­de jaar weens die ho­ër prys. Die prys het se­dert be­gin van­jaar met na­ge­noeg 20% ge­styg. —

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.