SÓ WERK RHIZOBIA

Landbouweekblad - - Lbw Herlewingslandbou -

Mnr. Wil­lie P­re­to­ri­us, ei­e­naar van Soil He­alth So­lu­ti­ons in die Kaap, ver­dui­de­lik hoe rhizobia sorg dat stik­stof in die grond be­hou word en on­mid­del­lik deur pl­ant­wor­tels op­ge­neem kan word. ■ Vry­le­wen­de rhizobia le­we on­af­hank­lik van e­ni­ge gas­heer­plan­te en word deur ’n ver­skei­den­heid gras­se en bre­ë­blaar­plan­te se wor­tel­uit­skei­dings ge­voed son­der dat ’n aan­hang­sel aan pl­ant­wor­tels vorm. Die stik­stof wat vry­le­wen­de rhizobia uit­skei, word in ver­skil­len­de vorms in die wor­tel­r­hi­zosfeer vry­ge­stel. Hier­die stik­stof kan deur mi­kro­bes en pl­ant­wor­tels op­ge­neem word. Hier­die stik­stof­bron is ui­ters be­lang­rik vir doel­tref­fen­de grond­mi­kro­bes. Die ver­de­re vry­stel­ling van die stik­stof aan plan­te ge­skied hoof­saak­lik deur na­tuur­li­ke mi­ne­ra­li­se­ring deur die uit­skei­dings van pre­da­to­rie­se ne­ma­to­des, swam­me en an­der mi­kr­oor­ga­nis­mes. Hoe­wel hier­die rhizobia deur wor­tel­uit­skei­dings ge­voed word, is die at­mos­fe­rie­se stik­stof wat hul­le bind, die “nu­we stik­stof”, nie uit­sluit­lik vir die gas­heer be­skik­baar nie, maar vir die he­le e­ko­stel­sel van grond­mi­kro­bes. ■ By peul­plan­te dring rhizobia deur die wor­tel van die gas­heer­peul­plant en vorm ’n no­de waar­in die bak­te­rieë at­mos­fe­rie­se stik­stof bind. In ’n sim­bi­o­tie­se be­staan voor­sien die bak­te­rieë stik­stof aan die gas­heer­plant in ruil vir sui­kers as voe­ding vir die bak­te­rieë. Hier­die “nu­we kool­stof” en “nu­we stik­stof” is die pri­mê­re aan­dry­wers van ge­son­de grond. Die “fo­to­sin­taat” en die teen­woor­dig­heid van ge­noeg di­ver­se en funk­si­o­ne­le mi­kr­oor­ga­nis­mes, wat vry­le­wen­de rhizobia, mi­ko­ri­sa, ne­ma­to­des, sa­pro­fi­tie­se swam­me en pro­to­zoa in­sluit, dra al­les by tot die ma­te waar­in hier­die twee aan­dry­wers in die grond teen­woor­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.