Soe­te ver­lei­ding

Ys­kas­tert en room­ys is per­fek­te lek­ker­nye om op ’n warm dag aan te weg lê. Ons toets­kom­buis gee ’n paar tref­fer­re­sep­te.

Landbouweekblad - - Lbw -

sel op die be­skuit­jies, ge­volg deur nóg ’n la­gie Ten­nis­be­skuit­jies wat in jel­lie ge­doop is. Her­haal die la­gies en ein­dig met ’n la­gie Ten­nis­be­skuit­jies. Ver­koel die tert oor­nag in die ys­kas. Keer uit op ’n mooi op­dien­bord.

K­lits die kon­dens­melk en suur­le­moen­sap goed saam tot dik en smeer dit bo-oor die tert. Krum­mel ’n Ten­nis­be­skuit­jie of twee en sprin­kel die krum­mels oor die tert. Sny in sky­we en sit voor. Le­wer 10-12 por­sies.

S­jo­ko­la­de­room­ys­koek

Hier­die room­ys is sag en ro­me­rig en ’n heer­li­ke so­mer­na­ge­reg. Ek het gem­mer­koe­kies vir die kors ge­bruik, maar jy kan e­ni­ge koe­kies van jou keu­se in­span.

90 ml ka­kao 50 ml wa­ter 30 ml bran­de­wyn 500 ml ys­koue room 1 blik (385 g) kon­dens­melk 10 ml va­niel­je­geur­sel

Kors

pak­kie (100 g) gem­mer­koe­kies 45-60 ml bot­ter Sjo­ko­la­de­sous, om voor te sit Spuit ’n koek­pan met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer dit uit met kleef­plas­tiek.

Meng die ka­kao, wa­ter en bran­de­wyn tot glad en hou een­kant. K­lits die room goed styf en voeg die kon­dens­melk by. K­lits goed deur. Voeg die ka­ka­o­meng­sel saam met die va­niel­je­geur­sel by en k­lits dit goed, tot die meng­sel deur­ge­meng is. Giet die room­ys­meng­sel in die voor­be­rei­de koek­pan en smeer ge­lyk. Sit dit in die vries­kas ter­wyl jy die kors maak.

Ver­werk die gem­mer­koe­kies tot fyn krum­mels en voeg die bot­ter by. Meng goed. Skep die krum­mel­meng­sel ver­sig­tig op die sjo­ko­la­de­meng­sel en ver­sprei e­ga­lig. Be­dek met kleef­plas­tiek en vries vir min­stens 8 uur. Keer die room­ys­koek uit op ’n mooi bord, so­dat die kors aan die on­der­kant is. Giet sjo­ko­la­de­sous oor en sit da­de­lik voor. Le­wer 8-10 por­sies.

Mi­kro­golf-jo­gurt­tert

Hier­die re­sep doen al ge­rui­me tyd die ron­de op die in­ter­net en moet die mak­lik­ste en vin­nig­ste ys­kas­tert­re­sep wees wat be­staan. Ek het dit ge­toets en dit is werk­lik ver­spot­mak­lik, blits­vin­nig en smul­lek­ker! Jy kan ver­skeie va­ri­a­sies op die ba­sie­se re­sep op­to­wer, so­lank jy vol­room­jo­gurt en vol­room­kon­dens­melk ge­bruik. Speel rond met ver­skil­len­de bo­lae en eks­pe­ri­men­teer na har­te­lus met an­der geu­re jo­gurt. Ek het dit baie een­vou­dig ge­hou vir die fo­to­ses­sie en ka­ra­mel­geur­jo­gurt ge­bruik. Net voor op­die­ning het ek ’n bie­tjie ka­kao oor­ge­sif.

pak­kie (150 g) ka­ra­mel­koe­kies (soos Nut­ti­krust) 1 li­ter vol­room­jo­gurt, ka­ra­mel­geur 1 blik (385 g) vol­room­kon­dens­melk Ka­kao, om oor te sif

Ver­werk die koe­kies tot krum­mel­rig en sprin­kel dit in ’n mi­kro­golf­be­stan­de tert­bord met ’n in­houds­maat van 2 li­ter. Meng die jo­gurt en kon­dens­melk saam tot glad en skep dit ver­sig­tig oor die krum­mels. Mi­kro­golf die tert vir 5 mi­nu­te teen 100% krag (hoog). Haal uit die mi­kro­golf en laat af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Ver­koel dan tot no­dig. Sif ka­kao oor, of ver­sier soos jy ver­kies en sit voor. Le­wer 8 por­sies.

Heu­nin­g­room­ys

Hier­die room­ys het die in­tens­ste heu­ning­geur, maar is nie ui­ter­ma­tig soet nie. Dit smaak he­mels saam met ap­pel­tert of by vrug­te­slaai.

500 ml room 100 ml melk 80 ml heu­ning 4 ei­er­ge­le, goed ge­klits 60 ml strooi­sui­ker 10 ml va­niel­je-ek­strak

Ver­hit die room, melk en heu­ning in ’n ka­strol oor lae hit­te, ter­wyl aan­hou­dend ge­roer word, tot die meng­sel prut en ver­wy­der van die hit­te. K­lits die ei­er­ge­le en strooi­sui­ker tot lig en dik en voeg die ko­ken­de room­meng­sel in ’n dun straal­tjie daar­by. K­lits tot goed ge­meng. Giet al­les te­rug in die ka­strol en ver­hit sta­dig oor lae hit­te, ter­wyl ge­roer word, tot die ei­er­vla ver­dik en gaar is, maar nie kook nie. Ver­wy­der van die hit­te en roer die va­niel­je-ek­strak by. Laat af­koel en giet in ’n room­ys­ma­ker. Kar­ring tot ge­vries. Skep die room­ys in ’n ge­skik­te bak uit, be­dek en vries tot no­dig.

As jy nie ’n room­ys­ma­ker het nie, giet die af­ge­koel­de meng­sel in ’n vlak bak en vries vir on­ge­veer 3 uur, tot net-net ferm. Skep uit in ’n meng­bak en k­lits die room­ys

goed deur om die ys­kris­tal­le op te breek. Skep die meng­sel in ’n ge­skik­te bak, be­dek en vries tot be­no­dig. Le­wer 750 ml room­ys.

Groen­vye-en­pe­kan­neut-ys­kas­tert Kors

250 ml koek­meel 60 ml mie­lie­blom 80 ml strooi­sui­ker K­nip­pie sout 125 g bot­ter 5 ml va­niel­je­geur­sel Paar drup­pels ys­wa­ter (op­si­o­neel)

Vul­sel

1 blik (410 g) in­ge­damp­te melk 3 ek­stra­groot ei­ers, ge­skei 125 ml sui­ker 5 ml va­niel­je­geur­sel 10 ml ge­la­tien 30 ml koue wa­ter 180 ml pe­kan­neu­te, goed fyn­ge­kap On­ge­veer 8 heel groen­vy­e­kons­erf, in kwar­te ge­sny

Kors: Meng die koek­meel, mie­lie­blom, strooi­sui­ker en sout saam. Vryf die bot­ter daar­by in en voeg die va­niel­je­geur­sel en ’n paar drup­pels ys­wa­ter by – net ge­noeg om ’n sty­we deeg te vorm. Druk stuk­kies van die deeg in ’n ge­smeer­de los­boom­tert­bord van 25 cm vas en maak die kan­te net­jies. Ver­koel vir 30 mi­nu­te.

Voor­ver­hit die oond tot 170 °C. Bak die tert­kors vir 20-30 mi­nu­te, of tot strooi­kleu­rig en deur­gaar. Haal uit die oond en laat af­koel.

Vul­sel: K­lits die in­ge­damp­te melk, ei­er­ge­le en sui­ker lig­gies in ’n ka­strol tot glad en ver­hit dit dan sta­dig oor lae hit­te, ter­wyl ge­roer word, tot die vla ver­dik en gaar is. Ver­wy­der van die hit­te en roer die va­niel­je­geur­sel by. Sprin­kel die ge­la­tien oor die koue wa­ter en laat staan vir 5 mi­nu­te om te spons. Voeg dit dan by die warm vla en roer tot al die ge­la­tien op­ge­los is. Voeg die pe­kan­neu­te ook by die vla, roer deur en laat af­koel tot lou­warm. K­lits die ei­er­wit­te tot sag­te pun­te vorm en vou dit by die vla­meng­sel in. Skep die vul­sel in die voor­be­rei­de kors en rang­skik die stuk­kies groen­vy­e­kons­erf daar­op. Druk die vye met ’n mes se punt ef­fens in die vul­sel in. Ver­koel vir on­ge­veer 6-8 uur, of oor­nag, tot ge­stol. Le­wer 10 por­sies.

Blou­bes­sie­room­ys

Die room­ys het nie net die mooi­ste kleur nie, maar ook ’n heer­li­ke geur. Die ef­fens suur smaak van die blou­bes­sies is heer­lik in die room­ys.

500 ml vars of bevrore blou­bes­sies 250 ml sui­ker 30 ml suur­le­moen­sap 30 ml wa­ter 500 ml room 5 ml va­niel­je-ek­strak

Ver­hit die bes­sies, sui­ker, suur­le­moen­sap en wa­ter sta­dig oor lae hit­te tot kook­punt. Be­dek en prut vir ’n paar mi­nu­te, tot die blou­bes­sies sag is. Laat af­koel en ver­pulp tot ’n glad­de pu­ree. Roer die room en va­niel­je-ek­strak by. Giet die meng­sel deur ’n fyn sif en vries tot net-net ferm (of laat die meng­sel af­koel en kar­ring in ’n room­ys­ma­ker tot bevrore). K­lits die sag­te room­ys goed deur en skep in ’n ge­skik­te hou­er. Be­dek en vries tot be­no­dig. Le­wer on­ge­veer 1 li­ter room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.