UIT­KOMS

Landbouweekblad - - Briewe -

Toe ge­beur ’n won­der­werk. Ná smeek­ge­be­de het ek ’n plaas met wei­ding by Be­la-Be­la te huur ge­kry.

Dan­kie vir al die b­rie­we in LBW waar­in die ge­trau­ma­ti­seer­de skry­wers tot God bid en oor die lot van boe­re praat. As al­le Suid-A­fri­ka­ners maar net dié b­rie­we kon lees!

El­ke dag het ek ge­won­der waar die staat en land­bou- en vee­teel­tor­ga­ni­sa­sies was wat ons klein­boe­re kon by­staan. “Ramp­hulp” was op sig­self ’n ramp. Staats­hulp het nie ’n werk­lik­heid ge­word nie, en lui­dens be­rig­te is 40% van die be­gro­te staats­geld ge­steel. Wei­nig ver­slag kan oor die res ge­gee word.

Dank die He­re vir die organisasie Boe­re in Nood wat my ge­help het met 10 ron­de­ba­le mie­lie­voer wat 60 km ver ge­haal moes word. Dit was ge­noeg vir een en ’n half dag se kos vir my koeie, maar die i­ni­si­a­tief om boe­re te help, was won­der­lik!

Waar was A­gri SA, TLU SA, die Rooi­vleis­pro­du­sen­te-organisasie, Graan SA, Ag­biz en A­fa­sa in hier­die tyd? Jul­le het ge­skit­ter in jul af­we­sig­heid, ter­wyl boe­re wild­kud­des, veekud­des, to­ta­le oes­te en pla­se ver­loor het en die erg­ste trau­ma moes deur­maak.

So­ge­noem­de groot, me­ga-, lei­e­ren top­boe­re was ook on­sig­baar. Groot be­sproei­ings­boe­re het net op hul wins­te met die hoë mie­lie­prys ge­kon­sen­treer.

Die land­bou- en vee­teel­tor­ga­ni­sa­sies moes in 2015 of 2016 ’n spe­si­a­le kon­gres ge­hou het so­dat oor werk­li­ke hulp be­sin kon word. A­gri SA sê hy het R18 mil­joen in­ge­sa­mel en 16 000 boe­re daar­mee ge­help. Dit be­te­ken dat el­ke boer R1 125 se hulp sou ont­vang het om net drie ba­le te koop vir net 60 koeie vir net een dag.

Maar nou­dat die land­bou­or­ga­ni­sa­sies se be­stuurs­le­de en die groot, me­ga-, lei­er- en top­boe­re se eie pla­se in ge­drang kom met ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding, is al­mal die ene ore.

A­griSA­moet­ver­geet­van­ver­ga­de­rings met ’n paar ANC-le­de in blink sit­ka­mers. Ver­geet van ope b­rie­we aan die Pre­si­dent. Hier­die din­ge be­te­ken niks. Hou ook op met die pa­niek­slag­spreuk van voed­sel­se­ker­heid. Ar­ti­kel 25 gaan om iets an­ders. Die Re­ge­ring het reeds in 2015 ge­wys dat hy nie om­gee vir voed­sel­se­ker­heid nie.

Dit is nou tyd vir boe­re om weer die stem dik te maak. Ek was deel van die boe­re­be­leg in 1991 toe ons P­re­to­ria tot stil­stand ge­dwing het. Ek self is daar­die dag saam met Ben­nie van Zyl van TLU SA en an­der boe­re in die po­li­sie­tronk­sel­le ge­gooi, maar ons het die Re­ge­ring tot ver­ant­woor­ding ge­roep.

Land­bou-or­ga­ni­sa­sies be­hoort nou ’n spe­si­a­le kon­gres te be­lê. Die boe­re, oor kleur­gren­se heen, sal ’n sta­di­on vol­pak. Kry pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa om ons boe­re in die oë te kyk en met ons al­mal te praat so­dat ons boe­re weet waar ons staan en die reg­te in­lig­ting die wê­reld in­ge­stuur kan word.

Een ding het ek uit my 2015-er­va­ring ge­leer, en dit is dat jy op

nie­mand kan staat­maak om hulp in kri­sis­tye nie. Jy is op jou eie, met net God wat by jou staan, jou daar­deur dra en weer op­tel. MA­NIE VAN DYK Be­la-Be­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.