HIER IS DIE FEI­TE

Landbouweekblad - - Briewe -

In die ar­ti­kel “Mees­ter­li­ke vee­boe­re” (LBW, 2 No­vem­ber 2018, bl. 49) is pro­duk­sie­sy­fers van mnr. An­dries G­rey­ling van Hu­ma­nia, Vre­de, ver­keerd aan­ge­dui. Hy hand­haaf ’n dra­krag van 2 KVE/ha op sy wei­ding. Hy laat sy ooie met ’n kort wol­be­dek­king na­tuur­lik op die veld paar én lam. Die ver­van­gings­ooi­tjies wat in die herfs ge­speen word, groei ná speen­tyd op wei­mie­lies uit. Die len­te­groep lam ook met kort wol. Die be­set­ting van sy ooie wat kuns­ma­tig ge­ïn­se­mi­neer word, is nie min­der as 80% nie, teen­oor die suk­ses­koers van 94% tot 96% in die ge­val van na­tuur­li­ke pa­ring. Daar­teen­oor is die lam­per­sen­ta­sie van die KI-ooie 140 tot 160, dank­sy die voor­koms van meer­lin­ge. Hul­le het 20% meer meer­lin­ge as die ooie wat nor­maal ge­paar is.

Land­bou­week­blad kor­ri­geer graag on­juist­he­de in ar­ti­kels en nuus­be­rig­te. S­tuur in­lig­ting oor reg­stel­lings so gou moont­lik ná die pu­bli­ka­sie­da­tum aan Jan Bos­man, Land­bou­week­blad, Pos­bus 1802, Kaap­stad 8000; e-pos jan.bos­man@land­bou. com; faks 021 406 2940; tel. 021 406 3183.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.