Staat leef steeds bo sy ver­moë

Die ver­knor­sing waar­in Suid-A­fri­ka se s­taats­fi­nan­sies is, kan in die toe­koms ’n groot slag­gat word wat tot dras­tie­se ver­an­de­rin­ge in be­leid kan lei.

Landbouweekblad - - Lbw|rubriek -

Die suk­ses van mnr. Ti­to M­bo­we­ni, nu­we Mi­nis­ter van Fi­nan­sies, se ver­ma­ning dat die staat sy huis in die vol­gen­de jaar of drie in or­de moet kry, sal af­hang van die po­li­tie­ke wil om dié taak deur te voer, te­sa­me met die be­hoor­li­ke be­stuur van die staats­de­par­te­men­te en of die kor­rup­tes in die tronk ge­stop gaan word.

M­bo­we­ni het nie ge­noem dat be­las­tings ver­hoog is nie, maar wel dat koek­meel on­der meer van BTW vry­ge­stel gaan word. Dit laat ’n mens on­wil­le­keu­rig dink aan die be­gin van die Fran­se re­vo­lu­sie toe ko­nin­gin Ma­rie-An­toi­net­te na be­we­ring ge­sê het die ge­peu­pel moet koek eet.

Die vry­stel­ling van koek­meel, wit­brood­meel en sa­ni­tê­re doe­kies is ál toe­ge­wings. As plaas­li­ke hoen­der­vleis eg­ter van BTW vry­ge­stel was, sou dit die bin­ne­land­se ver­bruik daar­van ge­sti­mu­leer en ook ’n goeie klomp e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­tei­te en ar­mes ge­help het.

Die feit dat ons so­wat die helf­te van ons ko­ring in­voer en nou van die ver­werk­te pro­duk­te van BTW vry­stel, is ’n swak be­sluit en ek hoop dit gee nie die pas aan vir die toe­pas­sing van al die sterk uit­spra­ke in die me­di­um­ter­myn-be­gro­tings­re­de nie.

Die mi­nis­ter het met sterk woor­de on­der die kor­rup­te staats­diens en die oor­ma­ti­ge aan­tal men­se wat daar werk in­ge­klim, en ook die feit dat die staats­diens se sa­la­ris­se vin­ni­ger as in­fla­sie groei.

Daar is vir aan­staan­de jaar nie ek­stra be­groot vir sa­la­ris­ver­ho­gings van so­wat R30 mil­jard nie. Dit moet be­taal word uit die be­staan­de, toe­ge­wys­de be­gro­tings van die staats­de­par­te­men­te, wat be­te­ken dat stren­ger met geld ge­werk en men­se ver­min­der moet word.

SLAG­GAT IN S­TAATS­FI­NAN­SIES

Die di­lem­ma is steeds dat die be­oog­de staats­uit­ga­wes in die vol­gen­de drie jaar vin­ni­ger gaan groei as in­fla­sie en die ver­wag­te be­las­ting-in­kom­ste (sien GRA­FIEK 1 ). Dit be­te­ken die staat leef steeds bo die land se e­ko­no­mie­se ver­moë en is nie be­reid om af te s­kaal nie.

Die gra­fiek toon ook dui­de­lik Suid-A­fri­ka het ’n oor­skot op die be­gro­ting ge­had en staat­skuld is ver­min­der in die tyd­perk on­der mn­re. T­re­vor Ma­nu­el en T­ha­bo M­be­ki, voor mnr. Ja­cob Zu­ma pre­si­dent ge­word het, met an­der woor­de tot 2008-’09. Dit het mee­ge­bring dat die in­ter­na­si­o­na­le kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie op­ge­gra­deer het tot ’n goeie be­leg­gings­graad. Dit het ver­troue ge­skep en ’n be­trek­li­ke sterk rand tot ge­volg ge­had.

Se­dert be­gin 2008-’09 met Zu­ma aan be­wind het staats­uit­ga­wes vin­ni­ger ge­groei as staats­in­kom­ste (be­las­tings) en el­ke jaar moes al hoe meer geld ge­leen word om die staat se uit­ga­wes te dek.

Dié sty­ging in le­nings het tot ge­volg ge­had dat staat­skuld bly groei, soos dui­de­lik in GRAFIEK2 ge­toon word. Weer is die M­be­kiMa­nu­el-era dui­de­lik in die eer­ste paar jaar in die gra­fiek. Daar­na groei staat­skuld on­op­hou­de­lik.

Vol­gens die me­di­um­ter­myn-be­gro­ting van Ok­to­ber van­jaar (wat die vol­gen­de drie jaar toon) is dit dui­de­lik dat staats­uit­ga­wes nog te vin­nig groei en staat­skuld nou so ge­styg het dat ren­te­be­ta­lings die en­ke­le be­lang­rik­ste uit­ga­we is. Saam met staats­amp­te­na­re se sa­la­ris­se bly daar al hoe min­der geld oor om in in­fra­struk­tuur te be­lê. Dit is soos met e­ni­ge on­der­ne­ming wat bly leen en al hoe meer leen om aan die gang te bly tot­dat ren­te­be­ta­lings te veel word en hy nie sy skuld kan diens nie. Dit is waar­heen Suid-A­fri­ka op pad is.

BAIE PRAAT, MAAR SIRENES LOEI

Baie kom­men­ta­tors was heel te­vre­de met die be­gro­ting, maar na my me­ning was daar nie juis te­kens van be­snoei­ing nie. Daar is in die

be­gro­tings­re­de baie ge­praat oor wat al­les reg­ge­maak moet word, wat ons al­mal reeds weet. Die di­lem­ma is die ANC het nie die rug­graat om sy eie ka­ders in die pad te steek nie.

In­tus­sen groei staat­skuld tot vlak­ke wat in­ter­na­si­o­naal as on­houd­baar ge­sien word. Be­ne­wens M­bo­we­ni se uit­spra­ke dui niks in die sy­fers daar­op dat die staat sy gor­del in­trek nie.

Moet dus nie ver­baas wees as die in­ter­na­si­o­na­le kre­diet­gra­de­ring s a­gent­skap­pe vir die vol­gen­de jaar of twee’ n on­guns­ti­ge sie­ning van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie het nie. Die staat se uit­ga­wes groei steeds vin­ni­ger as sy be­las­ting­in­kom­ste( wat die boon­ste li­miet be­reik het) en uit­ga­wes groei ook heel­wat vin­ni­ger as in­fla­sie. Die ge­volg is die staat leef bo die e­ko­no­mie se ver­moë, on­danks die vo­ri­ge drie be­gro­tings se be­lof­tes dat staat­skuld nie gaan groei nie.

Dit is dus moont­lik dat SuidA­fri­ka se in­ter­na­si­o­na­le kre­diet­gra­de­ring ver­der af­ge­gra­deer gaan word tot rom­mel­sta­tus. Dit gaan nie net die wis­sel­koers be­na­deel na­ma­te in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers hul ka­pi­taal ont­trek nie, maar dit gaan ook op­waart­se druk op ren­te­koer­se plaas.

Geen won­der nie dat M bo­we n i’ n dag of wat ná die me­di­um­ter­myn be­gro­tings­re­de ge­sê het Suid-A­fri­ka­ners moet hul­le daar­op voor­be­rei dat die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds se hulp met gel­de­li­ke by­stand moont­lik in­ge­roep sal word. Hy het ook ge­sê dit sal met kon­ser­wa­tie­we be­leid s voor­skrif­te kom, soos daad­werk­li­ke be­snoei­ings in sa­la­ris­se en die pri­va­ti­se­ring van staats­on­der­ne­mings.

Ek dink dit is al ma­nier hoe Suid-A­fri­ka uit die skuld gaan kom en staats­uit­ga­wes gaan be­snoei – as dit op die land af­ge­dwing word, want dit is dui­de­lik die re­ge­ren­de par­ty het nie die ver­moë om dié soort be­slui­te te neem nie.

GUNS­TI­GE UIT­SPRA­KE

Aan die po­si­tie­we kant is daar heel­wat voor­beel­de en voor­stel­le waar die mi­nis­ter er­ken dat die staat die pri­va­te sek­tor uit­ge­druk het en dat die be­leid vo­ren­toe gaan wees om in ven­noot­skap met die pri­va­te sek­tor nu­we be­leg­gings aan te pak, wat ook geld vir in­fra­struk­tuur pro­jek­te in­sluit. Daar moet ook nuut ge­dink word oor staats­on­der­ne­mings en hoe dit be­stuur word. Dit klink so na voor­be­rei­ding vir ge­deel­te­li­ke pri­va­ti­se­ring en is be­slis wel­kom.

Die vo­ri­ge be­na­de­ring dat die staat al­les moet doen, is blyk­baar be­sig om plek te maak vir re­a­lis­me en die po­pu­lis­te word daar­op voor­be­rei om te aan­vaar dat dras­tie­se ver­an­de­rin­ge in die he­le staat­op­set sal moet kom. Dit sal na­tuur­lik ook af­hang of die vak­bon­de se tan­de in die pro­ses ge­trek kan word.

Daar is ook an­der goeie uit­la­tings, naam­lik dat die meer as R20 mil­jard in ag­ter­stal­li­ge BTW-te­rug­be­ta­lings be­spoe­dig gaan word, wat die pri­va­te sek­tor ’n in­spui­ting kan gee.

Die so­wat R4,4 mil­jard wat van die de­par­te­men­te van Land­bou en van Grond­sa­ke oor­ge­dra gaan word na ’n spe­si­a­le Land Bank-fonds om nu­we boe­re te on­der­steun, is ’n baie be­lang­ri­ke be­leids­ver­an­de­rin­ge n in­pas met die ge­sprek­ke wat ge­voer word om nu­we boe­re op ’n vol­hou­ba­re wy­se te ves­tig in ven­noot­skap met die pri­va­te sek­tor, met ti­tel­ak­tes en sag­te le­nings.

Ont­hou, die ou Land­bou krediet raad het ná die Twee­de Wê­reld­oor­log ’n groot rol ge­speel om baie boe­re met sag­te le­nings te help ont­wik­kel tot vol­waar­di­ge kom­mer­si­ë­le boe­re.

Ter af­slui­ting, moet nie die ver­knor­sing waar­in Suid-A­fri­ka se s­taats­fi­nan­sies en staats­on­der­ne­ming sis, on­der­skat nie.

Dit kan in die ko­men­de jaar of wat ’n groot slag­gat word wat na my me­ning tot ge­volg gaan hê dat dras­tie­se be­leids­ver­an­de­rin­ge aan­vaar sal word, wat moont­lik deur die IMF af­ge­dwing gaan word as deel van die her­stel­pad ná die Zu­ma-era. As dit nie ge­beur nie, kan ’n heel­wat swak­ker wis­sel­koers (en ho­ër ren­te­koers) ver­wag word. Dit sal land­bou-uit­voer­be­dry­we ’n hup­stoot gee en in­voer­pry­se ook laat styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.