SOJA PRES­TEER PUIK MET REG­TE BEMESTNG

Landbouweekblad - - Lbw Graan -

Die puik op­brengs van 6,4 t/ha met so­ja­bo­ne wat die broers S­chalk en An­dries Pie­naar van Dir­kies­dorp na­by Wak­ker­stroom die af­ge­lo­pe so­mer be­haal het, wys hoe hier­die ge­was met die reg­te be­mes­ting kan pres­teer.

Mnr. Da­neel Fou­rie, na­si­o­na­le be­mar­kings­be­stuur­der van die saad­maat­skap­py A­gri­col, sê die oes is met die kul­ti­var DM 5953 RSF be­haal; ’n Roun­dup Re­a­dy-kul­ti­var van die Bra­si­li­aan­se saad­te­ler Don Ma­rio. Dit is ’n me­di­um-vin­ni­ge kul­ti­var met ’n baie vin­ni­ge graan- en plantaf­droog­tem­po. Dit duur on­ge­veer 53 dae tot die 50%-blom­sta­di­um en 130-135 dae tot­dat dit stroop­ge­reed is, na ge­lang van die pro­duk­sie­ge­bied. Die i­de­a­le saai­digt­heid is 300 000-320 000 sa­de/ha.

Hier­die kul­ti­var word die min­ste van ál A­gri­col se kul­ti­vars deur plant­da­tum, plant­digt­heid en ry­wyd­te ge­raak. Die boer kan dus nou­er of wy­er rye plant en ’n be­trek­lik lae tot baie hoë aan­tal sa­de per hek­taar saai son­der dat die op­brengs­pres­ta­sie noe­mens­waar­dig ge­raak word.

Fou­rie sê die kul­ti­var se op­brengs­po­ten­si­aal lê in sy pro­duk­tie­we sy­ta­k­ont­wik­ke­ling. Dus word ’n lae plant­digt­heid aan­be­veel so­dat die sy­tak­ke op­ti­maal kan ont­wik­kel en pro­du­seer. Dié Don Ma­rio-kul­ti­var het ook ’n goeie ge­ne­tie­se weerstand teen swam­siek­tes.

DM 5953 RSF was die af­ge­lo­pe drie sei­soe­ne die wen­ner in die Land­bou­na­vor­sings­raad se na­si­o­na­le op­brengs­kom­pe­ti­sie vir die koe­ler, oos­te­li­ke pro­duk­sie­ge­bied.

Don Ma­rio is in­ter­na­si­o­naal een van die groot­ste saad­te­lers in die so­ja­boon­be­dryf en e­va­lu­eer on­ge­veer ’n mil­joen so­ja­ly­ne per jaar. A­gri­col het die eks­klu­sie­we be­mar­kings­reg in Sui­der-A­fri­ka.

Nu­we kul­ti­vars. Fou­rie sê A­gri­col het ’n paar nu­we kul­ti­vars. DM 5351 RSF is a­gro­no­mies baie soort­ge­lyk aan 5953, hoe­wel dit nu­we teel­ma­te­ri­aal be­vat en in A­gri­col se sta­tis­tie­se proe­we die af­ge­lo­pe ja­re be­ter ge­pres­teer het as sy ou­er, ver­wan­te stal­maat. DM 5351 RSF gaan vol­gens be­plan­ning teen vol­gen­de sei­soen een van die hoof­stroom-kul­ti­vars wees.

Nóg ’n nu­we kul­ti­var is DM 5302 RSF wat vir die eer­ste keer kom­mer­si­eel op die mark is. Dit is ’n me­di­um­sei­soen-kul­ti­var met ’n 5,7 groei­leng­te. Dié nu­we­ling neem dus twee tot drie we­ke lan­ger om fi­si­o­lo­gies ryp te word ver­ge­le­ke met DM 5953 RSF. Sy her­stel­ver­moë ná hit­teen droog­te­strem­ming is baie goed. Dit word vir ’n digt­heid van 280 000-300 000 sa­de/ha aan­be­veel.

In die war­mer, we­s­te­li­ke de­le is DM 68 RR die vlag­s­klip-so­ja­boon waar dit baie goed aan­ge­pas is. Dit het ’n uit­ste­ken­de her­stel­ver­moë ná hit­te- en droog­te­strem­ming wat i­de­aal vir hier­die de­le is. Die peul­hoog­te is baie goed en dit pres­teer goed in wy­er rye. Die kul­ti­var word aan­be­veel vir 250 000-280 000 plan­te/ha in rye van 0,76 m tot 0,91 m.

NA­VRAE: Mnr. Da­neel Fou­rie, sel 083 461 6671; e-pos: dfou­rie@a­gri­col.co.za

Mnr. Da­neel Fou­rie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.