GOEIE OES­TE IN DROOG­TE MET BE­WA­RINGS­BOER­DE­RY

Landbouweekblad - - Lbw Graanprodusent Van Die Jaar -

Jo­han sê met hul goeie re­ën­val- en oes­re­kords kon hul­le on­langs be­wys wat die waar­de van be­wa­rings­boer­de­ry in ’n droë jaar is.

Met die vo­ri­ge groot droog­te van 2001, toe hul­le nog “kon­ven­si­o­neel op sy heel bes­te” ge­doen het deur te ploeg, lan­de te brand en nie on­kruid­do­der te ge­bruik nie, het hul­le van A­pril tot Sep­tem­ber 201 mm re­ën ge­kry. Hul­le het toe net 50 kg ka­no­la per hek­taar ge­oes, 650 kg/ha gars en 430 kg/ha ko­ring.

Ty­dens ver­le­de jaar se droog­te het hul­le van 1 A­pril tot 30 Sep­tem­ber net 198 mm re­ën ge­kry. Tog het hul­le 1,27 t/ha ka­no­la ge­oes, 2,7 t/ha gars en 2,5 t/ha ge­oes. Jo­han sê hy dink nie daar is be­ter sy­fers om die waar­de van be­wa­rings­boer­de­ry in droog­te te de­mon­streer nie.

Hul­le het re­de­lik laat na al­le be­gin­sels en werk­tuie van be­wa­rings­boer­de­ry oor­ge­slaan en eers in 2012 erns­tig be­gin om plan­ters te koop. Hul­le het wel lank van­te­vo­re op­ge­hou om lan­de te brand en die strooi op die lan­de te be­waar. Dir­kie sê hul­le het eers hul geld ge­bruik om grond by te koop en kon nie al die reg­te werk­tuie ook be­kos­tig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.