K­lein-Ka­roo op sy knieë weens droog­te

Landbouweekblad - - Inhoud - — LUCILLE BO­THA

“HIER gaan nie veel aan nie. Die win­kels suk­kel. Al­mal suk­kel.”

Só ver­tel mnr. Hein Jon­ker, fi­nan­si­ë­le di­rek­teur van die Saag Jon­ker-groep op Oudts­hoorn, oor die in­vloed van die voort­sle­pen­de droog­te in die K­lein-Ka­roo.

Mnr. Ca­rel Nel, ei­e­naar van die wyn­plaas Bop­laas na­by Ca­litz­dorp, sê die droog­te het al in 2015 be­gin. Hul­le moes se­dert­dien met on­der­ge­mid­del­de re­ën­val oor die weg kom.

“Dit is die droog­ste wat dit in 300 jaar was en ons suk­kel baie. Ons het al by­kans 25% van ons win­gerd ver­loor.”

Nel sê hoe­wel hul­le ga­te boor, is die on­der­grond­se wa­ter maar min. Hul­le het van­jaar so­wat 20% min­der drui­we ge­oes weens die droog­te. Dit is nog te vroeg om te sê wat met pars­tyd vol­gen­de jaar gaan ge­beur.

On­danks ’n bie­tjie re­ën vroeg ver­le­de maand is die vlak­ke van die Nels­ri­vier-, Gam­ka­poort- en S­tomp­drift­dam op on­der­skei­de­lik 16%, 5% en 5%.

BE­DRYF GEKNOU

Mnr. Piet K­leyn, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Vol­struis­be­dryf­ka­mer, sê net re­ën kan nou die si­tu­a­sie vir die boe­re be­red­der.

“Ons staan aan die voor­aand van die re­ën­tyd vir se­ke­re be­sproei­ings­dam­me. Ons het goeie hoop dat dit in die Ka­roo gaan re­ën. Ek het geen i­dee hoe die boe­re dit reg­kry (om kop bo wa­ter te hou) nie. Die al­ter­na­tie­we in ons streek is be­perk.”

Vol­gens K­leyn het die slag­vol­struis­be­dryf aan­sien­lik af­ge­neem. Dit is weens die droog­te, maar ook die be­ëin­di­ging van vleis­uit­voer. Dit sal ho­pe­lik in die nu­we jaar her­vat word.

“Ons het twee jaar ge­le­de nog 180 000 vol­strui­se ge­slag. Ver­le­de jaar het ons vir die pro­duk­sie­jaar tot 30 Ju­nie 154 000 ge­slag en vir van­jaar tot 30 Ju­nie is ons skat­ting 130 000.”

Vol­gens Jon­ker is die vol­struis­be­dryf baie swaar ge­tref weens die ver­bod op uit­voer.

“Dit is reg­tig ’n swaar slag. Ons re­a­li­seer mak­lik R800 min­der per vol­struis weens die be­ëin­di­ging van uit­voer en ons voer­kos­te be­loop by die R35/kg.”

‘SLEG­TER AS 2017’

By La­di­smith trek vrug­te­boe­re net so swaar. Mnr. P­hi­lip Nel, wat met prui­me, ap­pel­ko­se, per­skes en pe­re op die plaas Nels­view boer, sê die si­tu­a­sie is “dalk sleg­ter as ver­le­de jaar hier­die tyd”.

Daar is spra­ke van boe­re wat hul grond sal moet ver­koop. Die vo­ri­ge sei­soen was Nel se oes met die helf­te klei­ner en hy maak hom ge­reed om van­jaar dalk selfs min­der te pluk.

“Ons is be­slis nie in ’n be­ter po­si­sie nie, maar wat, ons byt vas. ’n Mens kan ook net tot op ’n punt plan­ne be­raam, dan is dit ook tot daar­na­toe.”

Hy kom tans oor die weg met 20% van hul ge­wo­ne wa­ter vir dié tyd van die jaar. Dit sal hou tot ein­de No­vem­ber.

“As dit nie voor dan re­ën nie, lê moei­lik­heid vir ons voor.”

Hy sê ver­al vrug­groot­te is ’n pro­bleem, want “jy word ge­stuit in die uit­voer­mark en vir die in­maak­be­dryf kan jy ook net tot op 60 mm le­wer”.

Nel bly eg­ter vol moed dat No­vem­ber re­ën gaan bring.

“Die si­tu­a­sie kan baie vin­nig ver­an­der – ons kort net een goeie front wat hier teen die (Swart-) berg vas­duik.”

FO­TO: JE­AN­NE VAN DER MER­WE

Vol­strui­se in ’n ver­dor­de kam­pie bui­te Ca­litz­dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.