DIE STO­RIE VAN JOHN DEE­RE SE STROPERS

Landbouweekblad - - Lbfwokus 100 Jaar Van John Deere-trekkers -

John Dee­re se stropers het die af­ge­lo­pe de­ka­des diep spo­re in die SuidA­fri­kaan­se land­bou ge­trap.

Die eer­ste ou “nom­mer 2”-stro­per­tjie het reeds in 1927 die wê­reld ver­bys­ter. ’n Jaar la­ter, in 1928, het die “nom­mer 1”-stro­per — ef­fens klei­ner as die “nom­mer 2” ge­volg. Al­bei die stropers is eg­ter teen 1929 deur mo­der­ner en lig­ter mo­del­le ver­vang.

In die 1930’s het John Dee­re sy teg­no­lo­gie be­gin ont­wik­kel om in heu­wel­ag­ti­ge ge­bie­de te stroop en oes. Des­tyds al kon van die nu­we mo­del­le, soos die 36-stro­per, hel­lings van tot 50 gra­de baas­raak. Die 36-reeks was só suk­ses­vol dat dit tot in die 1950’s ver­vaar­dig is.

In die Twee­de Wê­reld­oor­log het John Dee­re ’n mi­li­tê­re eer­be­wys ge­kry vir sy by­drae tot vol­ge­houe voed­sel­pro­duk­sie ty­dens die oor­log.

In 1947 is die eer­ste self­aan­ge­dre­we mo­del, die 55l, be­kend ge­stel. Dit het ’n goeie ge­wigs­ba­lans ver­se­ker en ook die eer­ste grond­spoed­be­heer be­vat.

In die mid­del van die 1950’s, het John Dee­re die eer­ste los of af­son­der­li­ke stroop- en oes­kop­pe wat aan stropers ge­kop­pel kon word, be­kend ge­stel. Daar­mee kon boe­re des­tyds mie­lies en an­der ge­was­se sny, uit­dop en skoon­maak — al­les in een pro­ses.

In 1957 het die eer­ste werk­lik groot stro­per van sy tyd, die 95-mo­del, die lig ge­sien. Die V-band-skei­er (skud­der) is in 1964 be­kend ge­stel.

Van 1960 tot 1989 het John Dee­re die nu­we ge­slag stropers, el­ke keer met splin­ter­nu­we teg­no­lo­gie, be­kend ge­stel. Dit het mo­del­le en ont­wer­pe soos die 3300, 4400, 6600 en 7700 in­ge­sluit.

Sin­gle-ti­ne Se­pa­ra­ti­on (STS) was die groot­ste keer­punt in stro­per­teg­no­lo­gie. Dit het plant­ma­te­ri­aal veel doel­tref­fen­der as vo­ri­ge mo­del­le han­teer.

In 2010 het John Dee­re nog ’n myl­paal be­haal toe die 500 000ste self­aan­ge­dre­we stro­per ver­vaar­dig is. Daar­na het die S600-reeks ge­volg.

Die jong­ste in die ver­vaar­di­ger se op­mars na oes- en stroop­per­fek­sie is die S700reeks, waar­van die S790 die vlag­skip is.

Die 1954-mo­del 55H Com­bi­ne was ’n re­vo­lu­si­o­nê­re stro­per-ont­werp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.