Al­le pro­duk­te on­der­een­dak

Ná by­na 110 jaar in die be­dryf kan ’n mens nie an­ders as om S­tewarts & Lloyds se naam uit die staan­spoor met die land­bou te ver­een­sel­wig nie. Daar­van getuig die ve­le ge­hal­te­pro­duk­te wat op tal­le pla­se te sien is.

Landbouweekblad - - Lbfwokus Vervoer -

S­tewarts & Lloyds is ’n groot on­der­ne­ming met ’n be­trou­ba­re naam en ’n ge­ves­tig­de re­pu­ta­sie. Boe­re sal die jong­ste teg­no­lo­gie, goeie diens en uit­ste­ken­de ge­hal­te in dié maat­skap­py se win­kels kry.

By S­tewarts & Lloyds kom die klant al­tyd eer­ste.

Die maat­skap­py het 32 tak­ke reg oor Suid-A­fri­ka en ver­skaf die bes­te ge­hal­te in­ge­ni­eurs-, bou-, har­de­wa­re-, vloei­stof­be­heeren ge­reed­skap­pro­duk­te. Die maat­skap­py is ver­al be­kend in die staal­be­dryf en voer ál meer staal in.

WINDPOMPE

S­tewarts & Lloyds is ’n a­gent vir Sout­hern Cross-windpompe en hy be­mark ook die C­li­max-windpompe wat vee­boe­re oor die land heen se dam­me vol hou. Die maat­skap­py ver­koop on­der meer die kop, rat­kas, stert, to­ring en an­der on­der­de­le van windpompe.

BE­SPROEI­ING

Duys-wa­ter­tenks is ’n baie ge­wil­de pro­duk van S­tewarts & Lloyds. Met wa­ter­skaars­te wat ’n on­der­werp in Suid-A­fri­ka is wat baie aan­dag ge­niet ná die droog­te wat nog nie heel­te­mal ver­by is nie, moet boe­re wa­ter­be­wus wees en ge­noeg tenks hê om re­ën­wa­ter op te vang.

S­tewarts & Lloyds ver­skaf po­li­teen­tenks in ver­skil­len­de dik­tes, kleu­re en groot­tes vir wa­ter en an­der vloei­stow­we.

POMPE

Op­per­vlak­pom­pe, waar­on­der swem­bad­pom­pe, is ook in die maat­skap­py se win­kels te koop. Dit sluit boor­gat­pom­pe vir grond­wa­ter, huis­hou­de­li­ke wa­ter en me­di­um- tot groot­skaal­se be­sproei­ing in. Dom­pel­pom­pe is ook be­skik­baar.

SON­KRAG­PA­NE­LE

Hoe min­der af­hank­lik ’n boer van E­s­kom­krag is, hoe ster­ker staan hy. Daar­om lok S­tewarts & Lloyds se Frank­lin-son­pa­ne­le groot be­lang­stel­ling.

Dit word saam met boor­ga­ten swem­bad­pom­pe ge­bruik.

KRAG­GE­REED­SKAP

Me­ta­bo is net so ’n be­ken­de en ver­trou­de naam soos S­tewarts & Lloyds. Daar­om is dit lo­gies dat die maat­skap­py dié krag­ge­reed­skap by sy reeks ge­voeg het.

KLEPPE

Ver­skeie kleppe, soos stoom-, ba­len bol­klep­pe, vei­lig­heids­klep­pe, druk­ver­min­de­rings­klep­pe en ve­le meer word aan boe­re en ny­wer­he­de ver­skaf.

Ver­der bied S­tewarts & Lloyds ook al­le om­hei­nings­ma­te­ri­aal en har­de­wa­re­pro­duk­te, soos verf, ge­reed­skap, sweis­toe­rus­ting, vei­lig­heids­pro­duk­te en giet­stuk­ke. NA­VRAE: Web­blad: www.stewart­sandl­loyds.co.za, tel. 011 553 8500.

Die Me­ta­bo-krag­ge­reed­skap word deur S­tewarts & Lloyds ver­sprei.

FO­TO’S: MARIEKE SNY­MAN

S­tewarts & Lloyds het al die on­der­de­le vir ’n wind­pomp in sy win­kels be­skik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.