Landbouweekblad

IN ’N BLIK

-

SKAAPBOUD VIR KERSFEES. Mnr. Sakkie Hanekom, vrugteboer van die Witzenberg­vallei naby Ceres, het op Oukersaand dié jong luiperdman­netjie in ’n Royal Beaut-appelboord op die plaas Welgemeen afgeneem. Hy was die aand by sy broer, Hannes, op die plaas vir ete toe die skaapalarm op sy pa se selfoon lui. By nadere ondersoek het hulle die luiperd in die skaapkamp aangetref. “Hy het reeds ’n skaap platgetrek, maar nog nie van kant gemaak nie. Toe die motorligte op hom val, het hy weggehardl­oop.” Hanekom, ’n toegewyde natuurmens, het met sy kamera en flits na die kamp met Vleismerin­o’s gery en sowaar weer die kat daar gekry. Die luiperd het sowat 40 m van hulle af wegbeweeg, maar hulle kans gegee om ’n klompie foto’s van hom te neem. Hy het selfs nuuskierig nader gestap voor hy weer gaan lê het. Dié einste luiperd het dié nag sy Kersfees-skaap gevang en op 4 Januarie weer toegeslaan. Hanekom oorweeg nou natuurvrie­ndelike maatreëls, soos om ’n donkiemerr­ie aan te skaf wat die skape kan oppas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa