3 CHINA | Vyf GM kultivars goedgekeur
China het verlede maand die invoer van vyf nuwe GM (geneties gemodifiseerde) kultivars goedgekeur.
Die kultivars wat deur die Chinese ministerie vir landbou en landelike aangeleenthede aangekondig is, sluit in soja en raap wat teen plantdoder weerstandig is.
Daar is ses jaar lank gewag vir toestemming vir twee van dié gewasse, naamlik BASF se RF3-kanola en Monsanto se glifosaatweerstandige MON 88302-kanola. Die ander kultivars is DowDuPont se DP4114-mielies, DAS-44406-6-soja en BASF/Syngenta se SYHT0H2-soja.
China laat nie die verbouing van GM gewasse toe nie, maar die invoer van sommige GM kultivars word wel toegelaat, meestal vir voedselverwerking en dierevoer. Dié mees onlangse goedkeuring van GM invoer is die eerste in 18 maande in China.