Landbouweekblad

KRISISBEST­UUR

-

Van ál Suid-Afrika se probleme is Eskom sekerlik die grootste en dringendst­e. Die kragreus se skuldlas van R490 miljard dreig om die hele ekonomie te kelder, en dit styg daagliks.

Van munisipali­teite en ander staatsdepa­rtemente tot gewone mense wat nog nooit vir dienste betaal het nie, skuld miljarde rande aan Eskom. Sy twee nuwe kragsentra­les, wat die land reeds honderde miljarde gekos het en boonop die ANC verryk, is gebrekkig, agter skedule, en die begroting is al oorskry. Dit is om van te huil. Eskom se tariefverh­oging van 57% oor die volgende drie jaar kan nie net die laaste van die land se mynbou uitwis nie, maar ál meer bedrywe dwing om elders krag te kry. Só sal Eskom se afsterwe net verhaas word.

Pleks van wêreldklas­bestuurder­s wat die nodige moeilike besluite kon neem, was daar tot onlangs nog ’n klomp sotlike trogvreter­s wat die plek ten gronde bestuur het, terwyl hulle van die vetste salarisse in die land getrek het. Met Phakamani Hadebe, voorheen van die Land Bank, wat genadiglik nou aan die stuur is, sink die erns van die saak minstens in. Eskom sal ontbondel moet word, en hy sal private geld en wêreldklas­bestuur moet betrek. Daar is geen ander keuse nie. Die vakbonde se mening is nie eintlik ter sprake nie.

“Laat ons nie ’n goeie krisis vermors nie,” het Rahm Emanuel, oudpres. Barack Obama van Amerika se personeelh­oof, in 2008 gesê in die nadraai van Wall Street se ineenstort­ing. Die senior staatsampt­enaar en akademikus Alex Himelfarb van die Yorkuniver­siteit in Toronto, Kanada, het weer gesê ’n krisis kan mense uit hul oorgerusth­eid ruk en só die ruimte vir leiers skep om konvensies uit te daag en werklike veranderin­g teweeg te bring.

Dalk is die uitbreking van bek-en-klouseer so ’n oomblik. Met die speenkalfp­rys in sy peetjie en die voortslepe­nde droogte is dit miskien nie nou die beste tyd om boere te vra om ’n groter heffing te betaal nie. Of is dit dalk juis die regte tyd? As die bedryf meer geld gehad het, kon hy verseker het dat bek-en-klouseer onder beheer bly, en was dit nie nodig om vir die staat te wag nie. Suid-Afrika se uitvoermar­kte sou oop en die speenkalfp­rys stewig gebly het.

Dit is natuurlik buiten die feit dat ander plaaslike bedrywe, soos die varkbedryf, hulself finansier teen ’n heffing van R50 per dier, teenoor die beesbedryf se R10 per dier. Ons boere se eweknieë in Australië en Nieu-Seeland betaal R150 per dier. Met ’n nuwe geslag leiers in die rooivleisb­edryf voel dit egter asof dinge aan die verander is.

Elders in die landbou word ook hard gesoek na volhoubare oplossings. Die sojabedryf se statutêre heffing kan byvoorbeel­d ’n reuseversk­il maak aan ’n noodsaakli­ke bedryf, met saadmaatsk­appye wat skielik ’n rede het om in nuwe tegnologie te belê wat hoër opbrengste beloof.

Ander krisisse word ook ál dringender. Hoe volhoubaar is droëlandmi­elieverbou­ing in byvoorbeel­d die weste van Suid-Afrika se somersaaig­ebiede? Waarmee moet dit vervang word, en hoe? Watter rol speel die kommunale gebiede in die ooste van die land in die verbouing van mielies? Watter impak het die droogte in die weste op platteland­se mense? Wat doen ons om talent hier te behou, waar dit so broodnodig is? Hoe beskerm ons familieboe­rderye? Watter rol kan groter boere en insetversk­affers speel om die platteland funksionee­l te hou?

Ons durf nie dié krisisse vermors nie. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa