Landbouweekblad

TAAKSPAN HELP SA UIT UITVOERTAM­ELETJIE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

VINNIGE optrede in die tyd nadat bek-en-klouseer verlede maand in die noorde van Limpopo gediagnose­er is, werp nou vrugte af. Verskeie van Suid-Afrika se handelsven­note het reeds handelsbep­erkinge op verwerkte rooivleisp­rodukte opgehef.

’n Handelstaa­kspan, bestaande uit amptenare van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en belanghebb­endes in die rooivleisb­edryf, is feitlik onmiddelli­k ná die uitbreking buite die bek-en-klouseervr­ye gebied tot stand gebring.

Die taakspan het hard daaraan gewerk om handelsven­note te oortuig om nie hul grense vir plaaslike rooivleis, melk, wol en verwante produkte te sluit nie.

“Suid-Afrika het wel sy status as ’n sone vry van bek-en-klouseer sonder inenting by die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) verloor, maar die departemen­t en private sektor het onmiddelli­k die situasie met Suid-Afrika se handelsven­note bespreek. “Sodoende kon ons waarborge verskaf dat produkte wat nie bek-en-klouseer kan oordra nie, wel veilig is,” het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, op ’n mediakonfe­rensie in Pretoria gesê.

Dié produkte sluit in gepasteuri­seerde melkproduk­te, ontbeende en verouderde rooivleis, wol, verwerkte huide en velle, vee-embrio’s en varkvleisp­rodukte uit bek-en-klouseervr­ye gebiede.

TERUGVOER

Zokwana het gesê die departemen­t het handelsven­note dadelik in kennis gestel die oomblik toe bek-en-klouseer buite die bek-en-klouseervr­ye gebied opgemerk is. Die departemen­t verskaf deurentyd die jongste inligting oor die situasie aan Suid-Afrika se handelsven­note.

“Na aanleiding van hierdie verslae het verskeie handelsven­note handelsbep­erkinge op die uitvoer van verwerkte produkte opgehef. Handel in veilige produkte na buurlande is grootliks aanvaar en, waar nodig, is die onderhande­linge begin om nuwe gesondheid­sertifikat­e uit te reik.

“Ons het ook goeie vordering gemaak met onderhande­linge om markte in ander Afrikaland­e, asook die Verre- en Midde-Ooste, te heropen,” het hy gesê.

Zokwana het gesê die taakspan kon tot dusver goed daarin slaag om kommunikas­ie tussen die bedryf, provinsial­e veeartse, die departemen­t en handelsven­note te vergemakli­k.

NAMIBIË

Intussen het die Namibiese departemen­t van landbou, water en bosbou aangekondi­g dat hy weer sommige Suid-Afrikaanse produkte sal invoer.

Dr. Albertina Shilongo, waarnemend­e hoofveeart­s van Namibië, sê in ’n verklaring aan invoerders die Namibiese direktoraa­t van veeartseny­kundige dienste sal weer die invoer van vars en bevrore varkvleisp­rodukte toelaat, mits bewys kan word dat die produkte van varkboere buite Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal afkomstig is.

Die produsente moet ook deur die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye goedgekeur wees.

Vleis van vee wat voor 5 Desember geslag is en wat onder toesig van die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye afsonderli­k opgeberg is om besmetting te voorkom, mag ook ingevoer word.

Bale voer en kuilvoer mag ingevoer word, mits dit nie van Limpopo, Mpumalanga of KwaZulu-Natal afkomstig is nie.

 ?? FOTO: LOUW PRETORIUS ?? Bek-en-klouseer het vanaf kommunale kuddes na die bek-enklouseer­vrye gebied in die noorde van Limpopo versprei.
FOTO: LOUW PRETORIUS Bek-en-klouseer het vanaf kommunale kuddes na die bek-enklouseer­vrye gebied in die noorde van Limpopo versprei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa