Landbouweekblad

GEEN NUWE RAMPGEBIED­E VIR DROOGTE VERKLAAR

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Regering het tans meer as R3,7 miljard beskikbaar om as droogtehul­p aan te wend. Dié geld bestaan uit R3,2 miljard wat die Tesourie in Oktober verlede jaar beskikbaar gestel het, asook R566,5 miljoen wat deur die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye toegestaan is om aan die landbousek­tor beskikbaar te stel.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê hierdie hulp word

tans in verskeie provinsies aangewend. Ingevolge die Wet op Rampbestuu­r (Wet 16 van 2015) is dit meestal gemik op boere wat nie self die mas kan opkom nie.

Zokwana het ook aangedui dat hy ’n droogtever­slag van die Landboubem­arkingsraa­d ontvang het wat aanbeveel dat ’n droogteram­pfonds en multirisik­o-versekerin­gsdekking vir die landbou ingestel word, asook ’n

vroeë waarskuwin­gstelsel om ramprisiko’s te verminder.

Nadat Landbouwee­kblad vroeër berig het dat verskeie munisipali­teite in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat voorbereid­ings begin tref het om aansoek te doen om rampstatus, het die Departemen­t van Samewerken­de Regering en Tradisione­le Sake egter aangedui geen munisipali­teite of provinsies het tot dusver

aansoek gedoen nie.

Mnr. Musa Zondi, woordvoerd­er van die departemen­t, sê hoewel verlede jaar se nasionale rampdroogt­everklarin­g reeds deur dr. Zweli Mkhize, Minister van Samewerken­de Regering en Tradisione­le Sake, opgehef is, is die verklaring van sekere gebiede in die land tot rampgebied­e weens droogte steeds van krag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa