Landbouweekblad

Oos-Kaapse boorgate begin opdroog

- — FREDALETTE UYS

BOORGATE in verskeie dele van die Oos-Kaap sukkel tans om genoeg water te lewer, of droog op weens die ernstige droogtetoe­stande in die provinsie.

Volgens mnr. James Briggs van Irrico-besproeiin­gsdienste het verskeie boorgate by Graaff-Reinet, Cradock, Bedford, Adelaide, Tarkastad, Pearston en elders in die provinsie reeds opgedroog.

“Daar was geen reën hierdie somer nie. As dit nie teen Maart reën nie, gaan daar ’n katastrofe wees. Die probleem is ook water vir vee, want baie boere gebruik boorgate om vir hul vee water te gee.”

Luidens ’n verklaring sê Agri Oos-Kaap dat boorgatvla­kke daagliks sak en dat oppervlakw­ater amper heeltemal opgedroog is, wat tot groot probleme met waterversk­affing vir vee kan lei.

“In die huidige droogte is dit ’n baie ernstige situasie,” sê me. Riona Kruger, ’n prinsipaal-geoloog van SRK Consultant­ing South Africa, wat onder meer konsultasi­edienste vir waterhulpb­ronne verskaf.

“Ons almal is bewus van dalende dam- en riviervlak­ke, maar omdat grondwater ‘onsigbaar’ is, word daar nie so ernstig daarna gekyk nie en word die watervlakk­e nie oral gemonitor nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa