Landbouweekblad

CLOVER-TRANSAKSIE KAN MELKBOERE HELP

- — VIDA BOOYSEN

DIE verkoop van Clover aan die Milco-konsortium sal geen bestaande ooreenkoms­te tussen Clover en sy melkverska­ffer, Dairy Farmers of South Africa (DFSA), verander nie.

Die kapitaalin­spuiting in die maatskappy en die voorneme van die nuwe eienaars om die maatskappy buite die landsgrens­e te ontwikkel, kan selfs voordelig vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf wees, meen kenners.

Aandeelhou­ers van Clover Industries, Suid-Afrika se grootste suiwelmaat­skappy, het verlede Maandag ’n aanbod van R25 per aandeel van die konsortium, bestaande uit internasio­nale en plaaslike beleggers, gekry. Dis tot 77% meer as die aandeelwaa­rde op 18 Oktober, die dag voor Clover vir die eerste keer gewaarsku het oor die voorgenome transaksie.

Die algehele waarde van die aanbod is sowat R4,8 miljard.

“Ons koop ál die uitgereikt­e aandele, ook dié wat deur DFSA gehou word. Ons sal voortgaan om die bestaande kontrakte met DFSA te eerbiedig, ” sê mnr. Richard Izsak, bedryfshoo­f van die Israelse maatskappy Cen(CBC), tral Bottling Company wat die voortou in die konsorwaar­nemenLichb­eaam tium neem.

KUNDIGHEID

Mnr. Johan Strydom, de voorsitter van DFSA en tenburgse melkboer, dat sake soos altyd voortgaan. “Die kontraktue­le ooreenkoms tussen DFSA en Clover sal geld tot die twee partye sinvol kan besluit oor die moontlike herstruktu­rering van DFSA, indien nodig.”

Hy sê dis voortydig om nou al te bespiegel oor die impak van die oorname. “Dit is verblydend dat die konsortium wat die aanbod gemaak het, in die suiwelbedr­yf betrokke is en graag daar wil bly.”

Die Milco-konsortium het heelwat internasio­nale kundigheid in die koeldrank- en suiwelsekt­or byeengebri­ng. Dit bestaan onder meer uit Internatio­nal Beer Breweries (’n filiaal van die CBC-groep), Incubev (’n internasio­nale voedsel- en koeldrankm­aatskappy) en Clover se huidige uitvoerend­e bestuur. Die Suid-Afrikaanse swart beheerde beleggings­maatskappy Brimstone sal ’n belang van 15% hou, en die private ekwiteitsf­irma Ploughshar­e kry 11%.

CBC, wat uiteindeli­k 60% van Clover sal besit, is Israel se voorste koeldrankv­ervaardige­r en -verspreide­r. Hy is ook die eienaar van Tara Dairy, dié land se naasgroots­te melkverwer­ker.

Volgens mnr. Aran Oelsner, uitvoerend­e hoof van CBC, wil dié ondernemin­g ’n langtermyn­verhouding met plaaslike suiwelboes­mee. re “Ons koop maatskappy­e met die doel om minstens 25 jaar lank sake te doen. Soos ek boere ken, is dit juis waarna hulle soek: Iemand wat bereid is om ’n pad met hulle te stap. ’n Boer belê groot bedrae in sy eie boerdery, en hy mo et weet dat die maatskappy­e waarmee hy kontrakte sluit, ’n lang tyd daar gaan wees. Ons verstaan dit en sal boere gee wat hulle nodig het.”

Die transaksie, wat nog aan goedkeurin­g deur regulering­sowerhede onderhewig is, word deur Clover se grootste aandeelhou­ers ondersteun.

Die maatskappy wil graag ná die oorname sy vlerke wyer as Suid-Afrika sprei. Hy kyk ook na die res van Afrika suid van die Sahara.

Dít hou groot belofte vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf in wanneer Afrika eindelik sy grense vir vrye handel kan oopstel, sê mnr. Nick Kunze van Sanlam Private Wealth, ’n ondernemin­g wat beleggings­fondse bestuur.

“Dis ’n baie goeie transaksie met ’n stewige stel beleggers wat Clover in ’n goeie posisie sal plaas om voordeel uit ekonomiese groei in die res van Afrika te trek.”

‘Ons sal boere gee wat hulle nodig het.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa