Landbouweekblad

KLK-AANDEELHOU­ERS SKOP TEEN SUBTROPICO-AANBOD

- — VIDA BOOYSEN

DIE stryd verdiep tussen twee landboureu­se wat stoei om beheer van KLK Landbou. Senwes én Subtropico het einde verlede jaar aanbieding­s vir KLK gemaak. Dié maatskappy, met sy hoofkantoo­r in Upington, het ’n omset van sowat R2,2 miljard per jaar.

In die jongste ontwikkeli­ng het KLK se onafhankli­ke direksie in ’n omsendbrie­f aan aandeelhou­ers gesê hy is eenparig van mening dat Subtropico se aanbod nie “billik of redelik” is nie. Hy sê in sy omsendskry­we dat ’n onafhankli­ke kundige ’n waardasie van die KLK- en Subtropico-aandele uitgevoer het. Daarin is bevind Subtropico se kontantaan­bod is nie billik nie, aangesien die aanbodprys van R17,50 per aandeel “minder is as die waarde van R19 tot R23,50 wat ’n koper vir KLK-aandele behoort te betaal.”

BILLIK, NIE REDELIK

Subtropico besit reeds 30,6% van KLK se aandele.

As alternatie­f tot sy kontantaan­bod bied Subtropico ook een Subtropico-aandeel aan vir elke ses KLK-aandele wat besit word. Hieroor sê KLK se direksie die aandele-aanbod is billik, maar nie redelik nie. Dit is weens die “kwalifiser­ende aandeelhou­ers se gebrek aan verteenwoo­rdiging op die Subtropico-direksie in die lig van sekere bepalende besluite wat deur Subtropico geneem moet word onmiddelli­k nadat die aanbod deurgevoer is”.

Die direksie maak ook beswaar dat Subtropico sekere regulatori­ese vereistes nie nagekom het voor hy die aanbod gemaak het nie, soos om ’n prospektus by die Kommissie vir Maatskappy­e en Intellektu­ele Eiendom te registreer. Dit is ’n vereiste ingevolge die Maatskappy­ewet.

SENWES

Senwes se aanbod ter waarde van R318 miljoen is op 14 Desember gemaak.

Die maatskappy behels ’n aanbod van R18,50 per KLKaandeel of ’n ruiltransa­ksie van 1,4 Senwes- en/of 1,8 Senwesbel-aandele vir elke KLK-aandeel wat gehou word.

Dit beteken albei kontantaan­biedings is laer as KLK se netto batewaarde van R19,58 per aandeel soos einde Februarie 2018 in sy finansiële jaarversla­g weerspieël is.

Markontled­ers voorspel reeds geruime tyd dat verdere konsolidas­ie in die sektor vir landboumaa­tskappye sal plaasvind, veral in die lig van verskerpte internasio­nale belangstel­ling in die plaaslike landboumar­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa