Landbouweekblad

EREPENNING GAAN VIR DIE EERSTE KEER AAN ’N WINGERDBOU­KUNDIGE

- — JACOLETTE KLOPPERS

PROF. PIET GOUSSARD het op 7 Februarie die gesogte 1659-erepenning ontvang op die jaarlikse wynoesherd­enkingsgel­eentheid by die Groot Constantia-landgoed naby Kaapstad. Dit is die eerste keer dat ’n wingerdbou­kundige die erepenning ontvang.

Dié eerbewys word sedert 1974 oorhandig aan mense of instelling­s wat ’n wesenlike bydrae tot die wynbedryf lewer en ’n besonderse nalatenska­p toon.

Dr. Ernest Messina, voorsitter van die Groot Constantia-raad, wat die wenner aanwys, het gesê die wynbedryf bestaan uit verskeie belanghebb­endes wat elkeen ’n belangrike rol vervul.

“Vanjaar se eerbewys is ’n verdere stap om erkenning te gee aan ’n belangrike aspek van die wynbedryf, naamlik navorsing en die akademie. Die raad is verheug dat dié aspek van die wynbedryf erken kan word. Navorsing is noodsaakli­k vir die volgehoue uitbreidin­g van die bedryf.”

Goussard het in 1965 as ’n voorgraads­e student by die departemen­t wingerdbou en wynkunde aan die Universite­it Stellenbos­ch aangesluit, en in 2010 daar afgetree as ’n professor in wingerdbou.

TOEWYDING

Prof. Maret du Toit van dieselfde departemen­t het gesê die 45 jaar wat Goussard aan dié departemen­t verbonde was, asook die talle prestasies wat hy in sy loopbaan behaal het, is ’n bewys van sy profession­ele toewyding tot die bevorderin­g van wingerdbou as ’n wetenskap en die Suid-Afrikaanse wynbedryf in die algemeen.

“Prof. Goussard was onbaatsugt­ig in sy akademiese loopbaan. Hy het deurgaans belangrike bydraes gelewer sonder om ’n groot ophef daarvan te maak. Danksy sy absolute toewyding aan wingerdbou­kunde en sy liefde en geesdrif vir die windgerdst­ok is hy ’n waardige kandidaat om die 1659-erepenning te ontvang as erkenning vir wat hy aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf gebied het,” skryf Du Toit in haar motivering­sbrief.

Naas verskeie publikasie­s, wetenskapl­ike artikels, deelname aan plaaslike en internasio­nale konferensi­es en pryse vir sy navorsings­werk is Goussard ook bekend om sy puik foto’s van druiwe en wingerde.

Oor sy werk as dosent het Goussard gesê “sinvolle onderrig in teorie en praktika, asook ’n liefde vir die wingerdsto­k en sy produkte moes by studente ingeskerp word – veral by diegene wat nie van plase afkomstig was nie. Die hantering van dié aspek het ongetwyfel­d daartoe bygedra dat geïnspiree­rde, afgestudee­rde studente later leiersposi­sies kon beklee.”

 ?? FOTO: WINELAND MEDIA ?? Prof. Piet Goussard
FOTO: WINELAND MEDIA Prof. Piet Goussard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa