Landbouweekblad

‘GEBREK AAN KONTANTMAR­K KORINGPRYS SE PROBLEEM’

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE liggingsdi­fferensiaa­l bied vir produsente ’n vloerprys, en daarsonder kan die koringprys dalk nóg verder val, meen ’n Amerikaans­e kommoditei­tsmarkspes­ialis wat tans ondersoek instel na dié stelsel.

“Met die eerste indrukke reken ek nie die probleem is die liggingsdi­fferensiaa­l nie. Ek meen dit is die gebrek aan ’n gesonde kontantmar­k vir jul koring wat die grootste probleem is,” het dr. Matt Roberts op Graan SA se streekverg­adering op Moorreesbu­rg gesê. Roberts is ’n kommoditei­tsmark-spesialis van die Kermantle-groep, ’n oliesaaden-graanbemar­kingskonsu­ltantemaat­skappy in die Amerikaans­e deelstaat Ohio.

“Ek moet nog verdere ondersoek instel, maar my vrees is dat indien die liggingsdi­fferensiaa­l weggeneem word, die prys van koring verder gaan daal. Tans bied hierdie stelsel vir produsente ’n vloerprys.

“Indien daar ’n gesonde kon- tantmark was waar daar deursigtig­heid met onderhande­ling was, sou die moontlikhe­id vir ’n prysdaling baie minder gewees het. Om egter te redeneer dat die skrap van die liggingsdi­fferensiaa­l skielik ’n doeltreffe­nde kontantmar­k vir koring sal meebring, is gevaarlik,” het hy gesê.

DEURSIGTIG­HEID

Roberts is op uitnodigin­g van die Johannesbu­rgse Sekuriteit­ebeurs (JSE) in Suid-Afrika om die stand van Suid-Afrika se kommoditei­tsmarkte te ondersoek. Hy het met ’n vorige besoek aan Suid-Afrika, in 2009, aanbeveel dat die differensi­aal behou word.

Uit die gehoor het ’n boer van die omgewing, mnr. Hennie Visser, gevra waarom die JSE se wolkontrak­te sonder ’n liggingsdi­fferensiaa­l verkoop kan word. Roberts het uitgewys daar bestaan ’n gesonde kontantmar­k vir wol in Suid-Afrika. Dit lei daartoe dat, ongeag waar ’n boer is, daar ’n koper vir sy wol sal wees. Daarby sal gesonde mededingin­g en deursigtig­heid ’n akkurate prys meebring, juis omdat Cape Wools die aanvaarde prys vir wol daagliks bekend maak.

Nóg ’n vraag uit die gehoor aan Roberts was die verskynsel dat al wat ’n graanhande­laar is, ’n vervoermaa­tskappy het. Dit is dus duidelik dat daar baie geld te maak is uit die vervoer van koring uit die Wes-Kaap.

“Dit is dalk waar, maar wat keer tien van julle boere om ’n kontrakteu­r te reël om jul hele oes van hier na die noorde te vervoer, en dan deel julle die wins wat uit die vervoer ontstaan?” was Roberts se teenvraag.

PRYSDILEMM­A

Die vraag oor die verskillen­de koringprys­e in Suid-Afrika het egter Roberts se oë laat rek. Die Safex-prys is die prys waarvolgen­s kontrakte uitgeneem word op plaaslike koring, maar koring wat ingevoer word, land in die Durbanhawe teen ’n ander prys en is dan nie aan die liggingsdi­fferensiaa­l blootgeste­l nie. Dit bring mee dat koring dikwels goedkoper van Argentinië af en elders na Johannesbu­rg ingevoer word as van die Kaap af.

Die probleem is nóg groter wanneer koring van Moorreesbu­rg af na Kaapstad geneem word, en dit verhandel word teenoor koring wat na die Kaapstadha­we ingevoer word.

Roberts het die boer bedank vir die vraag en onderneem om dit verder te ondersoek.

Roberts sal al Graan SA se streekverg­aderings bywoon en teen April sy verslag aan die JSE lewer. Enige kommentaar oor die liggingsdi­fferensiaa­l kan per e-pos gestuur word aan dr. Dirk Strydom by dirks@grainsa.co.za

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Dr. Matt Roberts
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Dr. Matt Roberts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa