Landbouweekblad

Klimaat kry makadamias nie onder

- — JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se makadamiab­edryf beur voort, ondanks droogtetoe­stande, hittegolwe en haelstorms. Die jongste skatting vir die 2019-makadamia-oes is 58 500 ton, teenoor verlede jaar se rekordoes van 56 550 ton.

’n Opname onder makadamiak­wekers en -verwerkers toon dat baie kwekers meen hulle gaan nie optimale oeste behaal nie, omdat groeitoest­ande tot dusver nie ideaal was vir die ontwikkeli­ng van neute en opbrengs nie. Die Makadamiak­wekersvere­niging (Samac) sê in ’n verklaring die oes kon baie groter gewees het as dit nie vir moeilike weerstoest­ande was nie. “Makadamiab­ome het baie mooi geblom in die lente, maar warm weer in die vroeë somer het saam met min of laat reën heelwat klein neute laat val. In sommige gevalle het die neute wat nie geval het nie, nie tot die gewenste grootte ontwikkel nie,” sê Samac. In verskeie verbouings­gebiede kon neute ook

nie na wens besproei word nie weens waterbeper­kings. Plase het in sommige streke ook onder haelstorms deurgeloop.

Nuwe aanplantin­gs wat vanjaar in produksie kom, help egter om die swakker opbrengs van volwasse bome in hierdie streke teen te werk.

IN DIE DOP

Mnr. Jaap van Oenen van die Nederlands­e bemarkings­maatskappy Global Trading and Agency sê hoewel die mark vir neute in die dop verlede jaar weens hoë pryse getaan het, het die vraag weer verbeter nadat pryse vir dié neute gedaal het. Hoewel net 33% van Suid-Afrika se neute verlede jaar in die dop uitgevoer is, sê Van Oenen die vooruitsig­te vir hierdie neute lyk steeds goed.

Suid-Afrika het in die verlede omtrent die helfte van sy makadamia-oes in die dop na China en ander lande in die Verre-Ooste uitgevoer.

Op lang termyn lyk Suid-Afrika se produksiev­ooruitskou­ing belowend. ’n Skerp toename word oor die volgende paar jaar verwag, sê Van Oenen.

Hy meen die produksie van nuwe aanplantin­gs gaan dit moontlik maak om groot volumes bestendig te lewer. “Makadamiav­erkope is voorheen gepootjie deur onvoldoend­e volumes. Die gebrek aan bestendige lewering van groot volumes is een van die sterkste besware van aankopers.”

Die ongunstige weerstoest­ande gaan na verwagting ’n 5%-impak op vanjaar se oes hê, terwyl dit ook ’n impak op die grootte van volgende jaar se oes sal hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa