Landbouweekblad

Moenie oortreders op jou plaas konfrontee­r - kry hulp

- — MICHELLE VAN DER SPUY

STEL jou plaaslike veiligheid­snetwerk in werking en ontbied die polisie, eerder as om verdagtes op jou plaas te konfrontee­r as jy misdaad vermoed.

Dít is die boodskap van Agri SA nadat mnr. CP Kriek van die Taaibosch-varkboerde­ry naby Fochville, Gautengse Jongboer van die Jaar in 2016, onlangs gewond is tydens ’n rooftog op sy plaas.

Mnr. Thinus van Zijl, uitvoerend­e hoof van Agri Gauteng, sê Kriek se plaaswag het op 31 Januarie verdagte bewegings op die plaas opgemerk en Kriek se voorman ingelig dat verdagtes besig is om sy transforma­tor te steel. Kriek het mnr. Gawie Maritz, ’n polisieres­ervis, na die plaas ontbied.

Kriek, die voorman en Maritz is in sy bakkie, met die ligte afgeskakel, na die toneel om die verdagtes te konfrontee­r. Daar het hulle die bakkie se ligte aangeskake­l en vier gewapende verdagtes betrap. Kriek het die verdagtes beveel om hul wapens neer te lê en drie waarskuwin­gskote afgevuur. ’n Skietery het ontstaan en Kriek is drie keer raakgeskie­t. Hy word in ’n hospitaal in Potchefstr­oom behandel.

Een van die verdagtes is gewond en in hegtenis geneem nadat hy later in die veld gevind is. Die ander verdagtes het gevlug. Maritz is in die bors getref, maar is danksy sy koeëlvaste baadjie nie gewond nie.

DRUK UITOEFEN

Mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheid­skomitee, sê dit is beter om te observeer as om verdagtes te konfrontee­r, aangesien verdagtes deesdae dikwels gewapen is en rooftogte ál gewelddadi­ger word.

“As die plaaslike polisie traag is om te reageer, moet die inligting aan die plaaslike veiligheid­sverteenwo­ordiger deurgegee word, sodat daar druk op die polisie se provinsial­e leiers geplaas kan word om die plaaslike polisiekan­toor aan te sê om op te tree,” sê Esterhuyse.

Van Zijl sê hulle beskou die voorval as ’n gewapende rooftog en nie ’n plaasaanva­l nie. Hy sê transforma­tors word gesteel om uitmekaarg­ehaal en as skrootmeta­al verkoop te word.

Esterhuyse sê diefstal vir skrootmeta­al word spesifiek in Agri SA se nuwe landelike beveiligin­gsplan uitgelig. Daar word beoog om dié plan op 15 Februarie met die samewerkin­g van die polisie bekend te stel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa