Landbouweekblad

NIGERIË | Grootste mielieprod­usent in Afrika?

- – Wandile Sihlobo/Agbiz

Nigerië het in die 2017-’18-seisoen 14% van Afrika suid van die Sahara se mielieoes geprodusee­r op 6,5 miljoen ha, teenoor Suid-Afrika wat byna 20% van die kontinent se mielies op net 2,6 miljoen ha geoes het.

Weens die droogte in Suid-Afrika se westelike saaigebied kan Nigerië egter Suid-Afrika se opbrengs in die 2018-’19-produksiej­aar oortref. Die Internasio­nale Graanraad raam Nigerië se opbrengs op sowat 11 miljoen ton, oftewel 16,1% van Afrika suid van die Sahara se mielie-opbrengs, teenoor die verwagte 10,4-10,7 miljoen ton in Suid Afrika. Dié voorsprong sal egter kortstondi­g wees, want Nigerië se opbrengs is nagenoeg 1,6 t/ha teenoor Suid-Afrika se 4,6 t/ha.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa