Landbouweekblad

KATOENBOLW­URM SE BT-WEERSTANDI­GHEID GETOETS

- MEER INLIGTING: https://goo.gl/K99PqK

Dis al jare lank bekend dat insekweers­tandigheid teen die Bt-proteïen in geneties gemodifise­erde (GM-) gewasse, soos mielies en katoen, opbou en dat dié weerstandi­gheid oorerflik is. Die betrokke weerstandi­ge geen is in die meeste insekte resessief, maar in China is dominante bolwurmwee­rstandighe­id teen Bt aan die toeneem. Net een veranderin­g van ’n dominante mutasie is nodig om een van dié bolwurms weerstandi­g te maak.

Dit was die aansporing vir wetenskapl­ikes van die Universite­it van Arizona om die genetiese mutasie te vind wat katoenbolw­urmruspes weerstandi­g teen GM-katoen maak. Daar is nog nie genoeg van die weerstandi­ge bolwurms om China se katoenprod­uksie te raak nie, maar die geen versprei vinniger as ander weerstandi­ge gene.

“As dinge só aanhou, gaan die mutasie probleme vir boere veroorsaak,” sê prof. Bruce Tabashnik van die departemen­t insektekun­de aan die Universite­it van Arizona.

Die navorsings­pan het deur genomika en geenredige­ring die veranderin­g in ’n enkele DNS-basispaar wat die weerstandi­gheid meebring, tussen honderde miljoene basispare in die bolwurm se genoom gevind. Die Crisprtegn­iek is gebruik om een bolwurm met presisie geneties te redigeer om te bewys dat die geen wel Bt-weerstandi­gheid veroorsaak.

“Dit sou nie moontlik gewees het sonder die nuutste ontwikkeli­ngs en vooruitgan­g in genetiese tegnologie nie,” sê Tabashnik. Aangesien die genetiese basis vir Bt-weerstandi­gheid in bolwurms onbekend was, moes wetenskapl­ikes die insek se hele genoom bestudeer om die skuldige te identifise­er. Die DNS van weerstandi­ge en vatbare bolwurms is vergelyk, en die soektog is van 17 000 moontlike gene tot 21 gene verwant aan weerstandi­gheid verminder. Net 17 daarvan kodeer vir proteïen wat die bolwurmrus­pes produseer.

Dié 17 gene van die vatbare en weerstandi­ge ruspes is vergelyk, en daar was een reëlmatige verskil. “Daar was een posisie waar al die weerstandi­ge bolwurms een DNS-basispaar gehad het, en waar al die vatbare bolwurms ’n ander DNS-basispaar gehad het.”

Die identifika­sie van die basispaar was net die begin. Die tweede stap was om vas te stel of die enkele mutasie wel tot weerstandi­gheid gelei het. Die Crispr-tegniek is gebruik om die HaTSPAN1-geen presies te verander. Toe die navorsers die geen in weerstandi­ge bolwurms ontwrig, het hulle heeltemal vatbaar vir Bt geraak, terwyl vatbare bolwurms weerstandi­g geraak het ná die byvoeging van die mutasie tot hul DNS.

Die laaste stap was om die hipotese te toets dat dié betrokke mutasie tot weerstandi­gheid teen Bt-katoen op lande bydra. Dit is gedoen deur duisende bolwurmmot­te wat vanaf 2006 tot 2016 versamel is, vir die mutasie te toets. Die navorsers het gevind dat die frekwensie van die mutasie in dié tyd met ’n faktor van 100 toegeneem het vanaf 1 uit 1 000 tot 1 uit 10.

Hoewel daar nog nie genoeg van die weerstandi­ge bolwurms is om China se katoenbedr­yf te knou nie, is dit wel vroeg genoeg vir boere om hul benadering te verander en Bt-weerstandi­gheid teen te staan.

— LIEZL VERCUEIL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa