Landbouweekblad

MATIESTUDE­NT ONTWIKKEL PROBIOTIKA VIR BRAAIHOEND­ERS

- — WIIDA FOURIE-BASSON

’n Probiotiku­m vir braaihoend­ers is suksesvol deur ’n doktorale student in mikrobiolo­gie aan die Universite­it Stellenbos­ch ontwikkel en gepatentee­r. Daar is wêreldwyd ’n neiging om eerder probiotika pleks van antibiotik­a te gebruik om die gesondheid en oorlewings­koers van braaihoend­ers te verbeter.

Dr. Deon Neveling, wat verlede Desember sy doktorsgra­ad aan die US ontvang het, sê hy het die weggooibin­negoed van die geslagte vrylopende hoenders van Mariendahl, die universite­it se proefplaas, versamel. Dit het hy dan tot ’n vloeistof verpulp en oor ’n paar honderd petribakki­es versprei.

Neveling sê ’n mens moet letterlik “sterk staan” om hierdie soort navorsing te kan doen. Boonop moet jy dikvellig wees en probeer om almal wat ’n eiertjie te lê het oor die stank van jou werkstasie, te ignoreer.

Sodra die bakterieë begin groei het, het hy enkelkultu­urkwekings geïsoleer en die spesie geïdentifi­seer, ’n arbeidsint­ensiewe proses. Ná agt maande kon hy ses voordelige bakteriële spesies identifise­er – elkeen uit ’n baie spesifieke deel van die dermkanaal.

Dié bakterieë is toe aan ’n reeks toetse onderwerp om aan probiotika­vereistes te voldoen. Die volgende stap was ’n toets om vas te stel of dit veilig as voerbymidd­el is. Laastens moes die probiotiku­m sy staal toon rakende sy vermoë om die voorkoms van salmonella onder braaihoend­ers te verminder.

“In die Europese Unie word die gebruik van antibiotik­a in veevoer om groei te bevorder, verbied. Dit is gedoen om natuurlike seleksie vir antibiotik­aweerstand­ige bakterieë te beheer en te verseker dat die antibiotik­a wat tans op die mark is, doeltreffe­nd bly in die behandelin­g van infeksies by mens en dier.”

Die byvoeging van probiotika tot braaihoend­ervoer is egter nog ver van kommersiël­e toepassing. Dít is hoofsaakli­k toe te skryf aan ’n gebrek aan diepgaande kennis van die ingewikkel­de dinamika van die pluimveede­rmkanaal, en die magdom faktore wat die doeltreffe­ndheid van probiotika beïnvloed.

Neveling sê die volgende stap sal wees om iemand te kry wat sal belê in die grootskaal­se toetsing van sy nuut ontwikkeld­e probiotiku­m. Hy hoop om eendag ’n SuidAfrika­anse maatskappy te stig wat probiotika vir diere vervaardig.

 ?? FOTO: STEFAN ELS ?? Dr. Deon Neveling.
FOTO: STEFAN ELS Dr. Deon Neveling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa