Landbouweekblad

Wolboere skryf nou alles neer

Wolboere vind baat by die verantwoor­delike wolstandaa­rdproses, omdat wolskape, die wolprys én die mense in die bedryf aandag kry.

-

Volhoubare wolproduks­ie in die toekoms is geskoei op die verantwoor­delike wolstandaa­rd (responsibl­e wool standard, oftewel RWS). Talle wolkwekers het egter nog vrae oor deelname aan die RWSprojek en hoekom standaarde vir wolproduks­ie gehandhaaf moet word.

Die inligting wat met die RWS ingesamel word, wys aan verbruiker­s hoe boere vir hul diere, die omgewing en mense sorg.

Die standaard is tydens ’n deursigtig­e konsultasi­eproses deur ’n internasio­nale werkgroep ontwikkel. Alle potensiële belanghebb­endes in die voorste wolproduse­rende lande het deelgeneem, waaronder veeartse, hulpbronde­skundiges en boere – ook dié wat in moeilike ekologiese toestande boer.

Deelname is vrywillig. Die doel is om realisties­e standaarde te ontwikkel en te boekstaaf.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van wol en bokhaar by BKB, sê dié landboubes­igheid en wolmakelaa­r het twee jaar gelede begin om sy boereversk­affers wat belang stel, volgens dié standaarde te oudit en te sertifisee­r.

“’n Prysdiffer­ensiasie tussen gesertifis­eerde en ongesertif­iseerde wol tree dadelik in werking. Gesertifis­eerde wolkwekers kry beter pryse, en ons het die afgelope jaar al goeie premieprys­e gesien. Meer gesertifis­eerde wol is nodig sodat kopers vraghouers makliker kan volmaak. Gesertifis­eerde wol is skaars. Daarom kry ons tot 4% meer daarvoor,” sê Staats.

VERBRUIKER­S

Die RWS word ondersteun deur verbruiker­s wat wil weet hul produkte is op ’n etiese en veilige manier geprodusee­r.

“Hulle is bereid om meer te betaal as hulle weet ons sien mooi na ons skape om,” sê Staats.

Die RWS beoordeel die welstand van diere, omgewingsb­estuur en maatskapli­ke verantwoor­delikhede.

“Die meeste van ons boere slaag sonder ’n probleem die oudit. Ons het mnr. Jaco Botha aangestel om nie net ’n ouditeur te wees nie, maar ook ’n konsultant. As iets skort, stel ons dit sommer daar en dan reg.”

SÓWERKDIT

Die grootste veranderin­g tree in by die byhou van aantekenin­ge en naspeurbaa­rheid. Inderwaarh­eid doen die meeste boere reeds die regte dinge om hul syfers te laat klop, en moet dit net op skrif stel.

“Ons gaan net bestaande praktyke dokumentee­r. Die inspekteur­s is almal mense wat die toestande op die plaas verstaan,” sê Staats.

Die RWS bevestig dus wat reeds op plase gedoen word. Meer as 130 boere is reeds deur die proses om te kyk in watter mate hulle die wolstandaa­rdproses nakom. Die RWSprojek wil boere aanmoedig om klem te lê op die byhou van aantekenin­ge en geskrewe planne.

“Alle boere volg ’n weidingspl­an, maar dit is nie noodwendig op skrif nie. Control Union, ’n Nederlands­e maatskappy wat in die landbou spesialise­er, behartig die eksterne oudits.”

Boere wat nie aan die projek kan deelneem nie, word nie anders behandel nie. Hul wol word steeds op dieselfde manier en op dieselfde veiling verkoop.

KOSTE

“Die RWSproses word nog nie in baie lande gevolg nie. Gevolglik is SuidAfrika een van die wêreldleie­rs wat die lewering van RWSwol betref.”

Die eerste oudit kos R3 500 en daarna R1 200 per jaar. Die vereistes word deur die standaard voorgeskry­f. Boere wat sybokhaar produseer, moet twee keer geoudit word. Dit is feitlik dieselfde proses, sê Staats, maar Sybokhaar SA dra die koste.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die wolbedryf se volhoubaar­heid in die toekoms vereis nie net goeie kuddebestu­ur nie, maar ook verantwoor­delike hulpbronbe­nutting, maatskapli­ke verantwoor­delikhede en ’n klem op diere se welstand.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die wolbedryf se volhoubaar­heid in die toekoms vereis nie net goeie kuddebestu­ur nie, maar ook verantwoor­delike hulpbronbe­nutting, maatskapli­ke verantwoor­delikhede en ’n klem op diere se welstand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa