Landbouweekblad

RWS SE VEREISTES

-

Die wolstandaa­rdproses se vereistes is hoofsaakli­k toegespits op die byhou van aantekenin­ge en die neerskryf van protokolle en bestuurste­lsels. Skryf werkinstru­ksies vir elke taak op die plaas en dokumentee­r dit.

■ Hou aantekenin­ge van alle werkersopl­eiding en hou ’n bywoningsr­egister by.

■ Let op die netheid van die plaas en opstal, soos drade, dromme, plastieksa­kke en ander rommel.

■ Beskryf jou plaas- en weidingbes­tuurstelse­l.

■ Beskryf hoe jou lamhokstel­sel werk.

■ Beskryf hoe jy voerrantso­ene voorberei, die verkorreli­ngsproses (indien van toepassing) en enige

voerbestan­ddele. Die boerdery moet ’n geskrewe dieregeson­dheidsplan hê.

■ Beskryf noukeurig hoe en wanneer jy diere inent of doseer, byvoorbeel­d hoe gereeld jy naalde vervang.

■ Hou aantekenin­ge van entstowwe, dipmiddels, veiligheid­sinstruksi­es en middels se voubiljett­e.

■ Hou aantekenin­ge van alle vrektes en die oorsaak daarvan.

■ Stel ’n geskrewe risikoontl­eding op wat alle bedrywighe­de rakende die gesondheid en veiligheid van werknemers omskryf.

■ Stel vereistes op skrif oor hoe met die diere gewerk word.

■ Stel ’n geskrewe omgewingsb­estuurspla­n op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa