Landbouweekblad

Heffingont­sluitpoten­siaal

Sojaboonbo­ere kan binne die volgende twee tot drie jaar uitsien na nuwe kultivars en tegnologie wat volhoubare produksie in dié bedryf sal ondersteun.

-

Suid-Afrikaanse sojaboonbo­ere sal op gelyke voet met boere wêreldwyd kan meeding wanneer ’n nuwe statutêre heffing in werking tree. Die goedkeurin­g en toepassing van dié heffing op sojabone baan die weg vir nuwe tegnologie vir Suid-Afrikaanse boere. Danksy die teling-en-tegnologie­heffing sal die land se sojaboonbo­ere binne twee tot drie jaar toegang hê tot die nuutste tegnologie en kultivars.

Boere is dit eens dat produksie voortduren­d moet verhoog om in die Suid-Afrikaanse konteks ekonomies te kan oorleef.

Suid-Afrika moet internasio­naal meeding in ’n omgewing waar gewaspryse bepaal word deur die produksiev­lakke van die groot sojaboonpr­oduserende lande, soos Amerika, Brasilië en Argentinië. In hierdie lande is die nuutste kultivars en tegnologie reeds beskikbaar. Wanneer sojaboonop­brengsverh­ogings van die afgelope 20 jaar vergelyk word, is Suid-Afrika se gemiddelde opbrengs 40% laer as in dié lande.

MARKAANDEE­L

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op 22 Junie 2018 aangekondi­g die statutêre heffing op sojabone is vir twee jaar goedgekeur. Die heffing is R65/ton in die eerste jaar en R80/ton in die tweede jaar. Die heffingsbe­drag sal hersien word ná die aanvanklik­e termyn van twee jaar.

Die betaling van ’n heffing op sojaboonpr­oduksie is nuut vir Suid-Afrikaanse boere, maar dit is nodig, omdat sowat 80% van sojaboonaa­nplantings jaarliks met terughousa­ad geplant word. Weens die skaal waarop saad teruggehou word, word saadmaatsk­appye nie vergoed vir hul navorsing en ontwikke- ling om nuwe kultivars en tegnologie daar te stel nie. Dit kos saadmaatsk­appye sowat 12 jaar en reusekapit­aalbeleggi­ngs om ’n nuwe kultivar op die mark te plaas, en dit maak nie finansieel sin sonder vergoeding nie.

Die heffingste­lsel is sodanig gestruktur­eer dat die saadmaatsk­appye wat die beste en mees aangeplant­e kultivars op die mark het, daarvoor vergoed gaan word. Hoe meer boere hul saad gebruik, hoe groter word hul markaandee­l en dus hul voordeel uit die heffing. Só word verseker dat maatskappy­e hul beste produkte en tegnologie na Suid-Afrika bring om mee te ding om die grootste markaandee­l.

Transforma­sieprojekt­e sal 20% van die heffings ontvang. Die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d het duidelike riglyne oor hoe dié geld vir transforma­sie gebruik moet word, waaronder menslike vermoëns- en boerontwik­keling. Die klem is gewasspesi­fiek en sal op teling en tegnologie gerig wees.

SACTA

Die Suid-Afrikaanse Kultivar- en Tegnologie-agentskap (Sacta) is gestig om die administra­sie van die teling-en-tegnologie­heffing te behartig.

Mnr. Gert Heyns, ’n bekende in die saadbedryf en korporatie­we landbousek­tor, is as uitvoerend­e hoofbestuu­rder van Sacta aangestel. Hy sê Sacta is ’n maatskappy sonder winsbejag met die uitsluitli­ke doel om die heffings met die grootste omsigtighe­id en verantwoor­delikheid te bestuur.

Koringheff­ings geld al twee jaar lank, en die fonds het op 30 September 2018 op R38,7 miljoen gestaan. Daarvan word R9,5 miljoen vir transforma­sie gebruik, en R29,8 miljoen word uitbetaal aan saadverska­ffers vir die ontwikkeli­ng van tegnologie. Die verwagting is dat saadverska­ffers in tegnologie sal belê om koringkult­ivars met ’n groter opbrengspo­tensiaal te ontwikkel. Dit is egter ’n lang proses, en die resultate vir die koringbedr­yf word eers ná drie jaar verwag.

Die sojaboonbe­dryf is in ’n beter posisie, en nuwe kultivars met ’n beter opbrengspo­tensiaal kan binne twee jaar ’n werklikhei­d in Suid-Afrika wees. Dié tegnologie, onder meer Roundup Ready 2, kan dadelik tot opbrengsve­rhogings vir boere lei.

VOORDELE

Die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) het in ’n verslag gesê die belegging in saadteling en -tegnologie kan tot ’n opbrengsve­rhoging van 3,5% lei. Dit kan die gemiddelde opbrengs oor tien jaar op 2,5 ton/ha te staan bring. Die teling-en-tegnologie­heffing kan dus lei tot ’n bykomende jaarlikse inkomste van R1 miljard vir die sojaboonbe­dryf. Die voordele is: Toegang tot die nuutste kultivars en tegnologie vir beter opbrengste en internasio­nale mededingin­g. Groter mededingin­g tussen maatskappy­e, wat lei tot prysen produkvoor­dele vir boere. ’n Saadbedryf waar werklike transforma­sie plaasvind deur middel van nuwe toetreders tot die sojaboonsa­admark. Boere moet die kultivars waarvan graan gelewer word, so akkuraat as moontlik by die leweringsp­unte aanmeld. Meld enige onsekerhed­e oor ’n spesifieke kultivar aan by die maatskappy aan wie die kultivar behoort. Só word verseker die heffingste­lsel vergoed maatskappy­e regverdig volgens hul markaandee­l. Dit sal uiteindeli­k tot voordeel van die hele bedryf wees.

 ??  ??
 ??  ?? NAVRAE: Mnr. Gert Heyns, e-pos: Gertheyns7­1@gmail.com; sel 082 388 0211.
NAVRAE: Mnr. Gert Heyns, e-pos: Gertheyns7­1@gmail.com; sel 082 388 0211.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa