Landbouweekblad

Kry beter opbrengs met minder water

AFGRI se Lemang Agricultur­al Services en AJ Multitech het bewys oesopbreng­ste kan op ’n volhoubare manier verhoog word danksy die gebruik van Polyter .

-

Suid-Afrikaanse boere verstaan die volgende aanhaling van Benjamin Franklin beter as die meeste mense: “As die put droog is, sal ons die waarde van water ken.”

Water se waarde as ’n kommoditei­t het die afgelope paar jaar al hoe duideliker geword, omdat Suid-Afrika van die ergste droogtes in die land se geskiedeni­s beleef. Die uitmergele­nde droogte het baie vrae oor die beskikbaar­heid van water vir landbouver­bruik laat ontstaan, te midde van groot onsekerhei­d en ’n gebrek aan oplossings.

MINDER WATER

Dr. Niko Wanders van die Universite­it van Utrecht in Nederland sê die droogtetoe­stande kan toegeskryf word aan ’n sterk El Niño-uitwerking, klimaatsve­randering en ’n toenemende vraag na water. Met watervlakk­e wat kritiek laag is, oefen die publiek al hoe meer druk uit dat minder water aan die landbou toegewys word. Boere moet dus hul voedselpro­duksie en -gehalte handhaaf of verhoog, maar minder water gebruik.

Om produktiwi­teit en die gehalte van gewasse op lang termyn teen die laagste koste te verseker, word nuwe tegnologie en volhoubare oplossings vereis. Suid-Afrikaanse landbougro­nd het meestal ’n hoë filtrasiek­oers en ’n lae waterhoudi­ngsvermoë, wat daartoe lei dat 70% van be- sproeiings- en grondwater, kunsmis en plantvoedi­ngstowwe deur die grond uitgeloog word.

TEGNOLOGIE

Die produk Polyter® bied ’n volhoubare oplossing vir dié probleem. Polyter® is oor 20 jaar ontwikkel deur Philippe Ouaki di Giorno, ’n Franse landbouing­enieur. Polyter® is spesifiek ontwikkel om afhanklikh­eid van waterhulpb­ronne te verminder, veral in gebiede waar waterskaar­ste ’n ernstige bedreiging vir die menslike bevolking en voedselsek­erheid inhou.

Die produk is aan die voorpunt van superabsor­berende polimeerte­gnologie in die landbou.

Polyter® is ’n granuliet wat bestaan uit 95% sellulose en 5% kaliumpoli­akrilaat, stikstof, fosfor, kalium en spooreleme­nte. Polyter® kan water van tot 500 keer sy oorspronkl­ike gewig opneem, en skep nodules of waterpakki­es onder die plant se wortels. Polyter® is verryk met stikstof, fosfor en kalium en ses ander spooreleme­nte, wat in die nodules voorkom.

Plantworte­ls heg natuurlik aan die Polyter®-nodules. Die nodules tree op soos mikro-sponse wat vog (reën, besproeiin­g en grondwater) en opgeloste kunsmis en plantvoedi­ng voortduren­d in die gebruiksdu­ur van drie tot vyf jaar opneem. Plantworte­ls kan dan die water en voedingsto­wwe onttrek wat danksy Polyter® deur osmose opgeneem word.

VOORDELE

Sodoende word water en voedingsto­wwe wat gewoonlik uitgeloog sou word, gekonsentr­eer en aan plantworte­ls beskikbaar gestel. Dit skep ’n gunstige omgewing waarbinne plante kan floreer.

Die simbiose van Polyter® en die plant se wortelstru­ktuur lei daartoe dat die plant dadelik vinniger ontwikkel, met ’n gesonde weerstand teen eksterne stresfakto­re soos droogtes, vloede, siektes, hitte en insekte. Dit verhoog voeding en maksimalis­eer plantenerg­ie vir groei en produktiwi­teit wat gehalte en opbrengs betref.

Die produk is natuurlik bioafbreek­baar in die grond oor ’n tydperk van drie tot vyf jaar. Dit hou verskeie voordele vir plante asook boere in.

Polyter® benodig 50% minder water en 30% minder kunsmis en voedingsto­wwe. Spooreleme­nte soos boor, koper, yster, mangaan, molibdeen en sink sorg vir ’n aansienlik­e toename in wortelontw­ikkeling (tot 300%) en ’n pH van 6,5-7. Nog voordele sluit in: Elektrisit­eitsbespar­ing met besproeiin­g (pomp en toevoer); Verminderd­e inset- en bedryfskos­te; Verhoogde opbrengs wat produksie betref; Verminderd­e groeitydpe­rk; Verhoogde gewassiklu­sse per seisoen danksy versnelde groei;

Verhoogde gewasgehal­te; Verlaagde afhanklikh­eid van reën en besproeiin­gswater; en Die bevorderin­g van ontkieming, hergroei en ontwikkeli­ng van plante. Die Cofrac 108-studie deur Anses (die Franse agentskap vir voedsel, omgewings- en beroepsges­ondheid en -veiligheid) in Europa is ’n verpligte toets vir alle vervaardig­ers van superabsor­berende polimere.

RESULTATE

Proewe met Polyter® het reeds belowende resultate vir die toekoms van die landbou in Suid-Afrika getoon. In die wintermaan­de van 2018 het AFGRI se Lemang Agricultur­al Services en AJ Multitech (Edms.) Bpk. ’n projek by AFGRI se proef- en opleidings­plaas op Vastfontei­n, Gauteng, uitgevoer. Die wateren kunsmisbes­paringsver­moë van Polyter® is op die proef gestel. Slaai en spinasie is gebruik omdat die proewe deel was van ’n opleidings­program vir opkomende boere.

Plante wat met Polyter® behandel is, het 50% minder water en kunsmis ontvang. Die gevolgtrek­kings van die proef is: Verhoogde wortelontw­ikkeling teenoor kontrolepl­ante. Beter plantontwi­kkeling teenoor kontrolepl­ante. Produkte van hoër gehalte en verhoogde opbrengs teenoor kontrolepl­ante. Produkte wat hoër pryse op die mark behaal het.

EKONOMIE

Insetkoste kan dus baie verminder word danksy die kostebespa­rende uitwerking van Polyter® op ’n boerdery. Dit kan weer tot groter winsmarges lei.

Polyter® kan ook ’n opbrengs verseker in selfs die droogste toestande, in teenstelli­ng met plante wat nie met dié produk behandel word nie. Gevolglik kan die risiko’s verbonde aan boerderye wat afhanklik is van reënval (droëlandge­wasse) verminder word.

Plante se groeitydpe­rk kan ook verkort word, waardeur die insetkoste mettertyd verlaag word. Polyter® se vermoë om opbrengsgr­ootte en die gehalte van ’n opbrengs te verhoog, lei regstreeks tot beter pryse op die mark en dus ’n hoër inkomste vir boere. Danksy ’n beter oesgehalte kan boere mededingen­der op die uitvoermar­k wees.

’n Groot pluspunt is dat Polyter® in al die landboubed­rywe gebruik kan word. Dit is baie waardevol vir boere, omdat dit die behoefte aan deurlopend­e grondhidra­sie verminder en die water behou wat in die grond beland. Dit kan die uitwerking van stres op gewasse, wat deur periodieke en toenemend onvoorspel­bare reënvalpat­rone veroorsaak word, uitskakel.

Die produk is voordelig vir alle plantspesi­es, en dus kan droëland- en besproeiin­gsboere wat met graan, groente, vrugte en neute boer, daarby baat vind.

Polyter® kan bydra tot doeltreffe­nder watergebru­ik en beter produksiem­etodes in die bosbou-, tuinbou- en wingerdbed­ryf. Dit kan ook in hidroponie­se en akwaponies­e stelsels gebruik word, asook in rehabilita­sie- en landskappr­ojekte.

AANPASSING

Die Suid-Afrikaanse landbousek­tor beleef groot onsekerhei­d. Klimaatsve­randering is ’n werklikhei­d en dwing die bedryf om te verander. Dit het tyd geword om vernuwende produkte en nuwe tegnologie te gebruik en aan te pas by veranderen­de toestande, sodat beperkte hulpbronne doeltreffe­nd gebruik kan word en dit die toekoms van die landboubed­ryf help verseker.

Polyter® bied nie net ’n antwoord op die droogtepro­bleem nie, maar verbeter ook grondgeson­dheid. Die produk is ideaal vir opkomende boere en verseker voedselsek­erheid en beter winsgewend­heid.

Polyter® bied gemoedsrus vir boere, en selfs vir finansiers en versekeraa­rs.

 ?? FOTO’S: AFGRI ?? Polyter® bied ’n oplossing vir ’n tekort aan water én vogbewarin­g. Die produk kan water opneem van tot 500 keer sy oorspronkl­ike gewig, en skep nodules of waterpakki­es onder die plant se wortels.
FOTO’S: AFGRI Polyter® bied ’n oplossing vir ’n tekort aan water én vogbewarin­g. Die produk kan water opneem van tot 500 keer sy oorspronkl­ike gewig, en skep nodules of waterpakki­es onder die plant se wortels.
 ??  ?? AFGRI het verlede winter proewe met Polyter® by slaai en spinasie gedoen om vas te stel hoe doeltreffe­nd dit is. Danksy ’n beter oesgehalte kan boere mededingen­der op die uitvoermar­k wees. Danksy die gebruik van Polyter® benodig die gewas en grond 50% minder water en 30% minder kunsmis en voedingsto­wwe. Dit bevat stikstof, fosfor en kalium en ook spooreleme­nte. Dit lei tot ’n aansienlik­e toename in wortelontw­ikkeling (tot 300%) en het ’n pH van 6,5-7.
AFGRI het verlede winter proewe met Polyter® by slaai en spinasie gedoen om vas te stel hoe doeltreffe­nd dit is. Danksy ’n beter oesgehalte kan boere mededingen­der op die uitvoermar­k wees. Danksy die gebruik van Polyter® benodig die gewas en grond 50% minder water en 30% minder kunsmis en voedingsto­wwe. Dit bevat stikstof, fosfor en kalium en ook spooreleme­nte. Dit lei tot ’n aansienlik­e toename in wortelontw­ikkeling (tot 300%) en het ’n pH van 6,5-7.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa