Landbouweekblad

n Nuwe, skoon b(l)aadjie

Dié week bestuur ons twee ou bekendes wat nuwe baadjies dra.

-

ISUZU MU-X 4X4 AT6

Om voor te bly op die woelige Suid-Afrikaanse voertuigma­rk, moet jou stroom planne nooit opdroog nie.

Die nuutste is die herlewing van die ou Chevy Trailblaze­r as die Isuzu mu-X.

“Die Chevy wat?” sal baie mense vra. Voordat GM Suid-Afrika (weer) verlaat het, was die Trailblaze­r sy vlagskip. Dit was (is) ’n groot, gerieflike veldvoertu­ig wat op die Isuzu KB se onderstel gegrond is. ’n Verdienste­like ryding, maar hy kon nie uit die Fortuner se skadu kom nie.

Nou het hy as’t ware ’n tweede kans, en dié keer sal hy waarskynli­k beter vaar omdat Isuzu so ’n gerespekte­erde handelsmer­k is. Om te oorleef, moet hy egter meer bied as ’n Isuzu-embleem op sy snoet.

’n Ryding wat op ’n afsonderli­ke onderstel gebou word, soos die Fortuner, Everest en Pajero Sport, ly in die algemeen aan ’n stamperige rit, selfs sonder ’n bakkie se tipiese bladvere. Daarteenoo­r bied die bakwerk-onderstel-kombinasie van ’n RAV-4 of Kuga ’n sagte rit.

Maar die Isuzu mu-X is ’n anderster perd. Hy neem die KB/D-MAX se goeie ritgehalte en maak dit nog beter. Op ’n gaar grondpad is sy rit byna sussend. Klankdempi­ng is ook ’n sterk punt – wat vering, wind- en enjingeraa­s betref. Daarby werk die outomaties­e sesgangrat­kas gladweg, en die mu-X het ook geen slegte drinkgewoo­ntes nie.

Die staatmaker 3 liter-enjin (130 kW, 380 N.m) uit die D-MAX verrig hier diens.

Iets wat die 4x4-geesdrifti­ge gaan pla, is dat ’n ewenaarslo­t ontbreek. Nog iets wat soek is, is die Trailblaze­r se deftige paneelbord.

Die mu-X het ’n digitale skerm met satellietn­avigasie. Met behulp van ’n kamera wys dit ook wat agter jou aangaan wanneer jy die rathefboom in tru sit. Vorentoe verskerp LED-kopligte die bestuurder se sig.

Die mu-X se gemaklike sitplekke is met leer oorgetrek. Buiten die vyf vir grootmense is daar ook twee sitplekkie­s heel agter wat moeiteloos uit die bagasierui­m kan verrys.

Ses lugsakke help om jou mense veilig te hou. Sy ander veiligheid­skenmerke sluit in elektronie­se stabilitei­tsbeheer en ’n funksie wat ’n sleepding wat wil swaai, tot bedaring kan bring.

Dis onwaarskyn­lik dat die mu-X naastenby so gewild as die Fortuner gaan wees, maar dis ’n waardige alternatie­f – en ’n les in die bou van ’n rateltaai ryding wat swak grondpaaie ry sonder om die passasiers rond te skud. Prys: R629 100.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa