Landbouweekblad

HONDA HR-V 1.8 ELEGANCE CVT

-

Baie jare lank was die bekwame CR-V Honda se alleenstry­der onder die melkbaard-veldvoertu­ie. Omdat almal deesdae hoog wil sit terwyl hulle bestuur, het Honda toe ook die HR-V en later die BR-V by sy stal gevoeg. Laasgenoem­de is niks om oor te jubel nie, maar die HR-V verdien aandag – ook omdat hy onlangs opgeknap is.

Die veranderin­ge is nie ingrypend nie en meestal kosmeties. Die neus is aantreklik­er, en die 1,8 liter-weergawe het nou ’n kamera agter vir veilig terugstoot. Sy buitengewo­on ruim binnekant, goeie bougehalte en doeltreffe­nde brandstofv­er-

bruik maak die HR-V ’n aantreklik­e opsie, maar hy’s nie sonder foute nie. Dit sluit in oormatige bandgeruis teen 120 km/h (en vinniger) en ’n oudmodiese vermaakske­rm met ikone wat soms te klein is om maklik raak te druk.

Gruispaaie en stadsverke­er is sy kos, maar sy knieë voel soms styf op teerpad wat al uitgery is, soos die R43 tussen Caledon en Villiersdo­rp in die Wes-Kaap.

Die HR-V is nie met ’n handratkas beskikbaar nie, maar met ’n outomaties­e CVT- “katrolratk­as”, wat weens sy neiging om die enjin soms te laat neul, nie in almal se smaak val nie. Prys: R419 900.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa