Landbouweekblad

Gebakte aartappel met mozzarella-roomkaasvu­lsel

-

■ 4 middelslag-aartappels

■ Olyfolie en seesout

■ 180 ml gerasperde mozzarella

■ 80 ml roomkaas, knoffelgeu­r

■ Sout, swartpeper en suurlemoen­sap

■ 40 ml jalapeñobl­atjang of soetrissie­sous

■ Vars kruie, om af te rond

Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Was die aartappels en droog goed af. Prik elke aartappel ’n paar keer en vryf in met olyfolie. Sprinkel seesout en vryf egalig oor die aar appels. Bak vir ongeveer 1 uur, tot die skille goudbruin en bros en die aartappels sag is. Haal uit die oond en rol elke aartappel liggies tussen jou hande in ’n vadoek. Vir die vulsel: Klop die mozzarella, roomkaas, sout, peper en suurlemoen­sap saam. Sodra die aartappels reg is, sny ’n kruis oor elkeen en druk die aartappels liggies sodat die kruis effens oopmaak. Geur met sout en peper. Skep ’n rojale lepel van die v lsel in elke aartappel en sit vir ’n paar minute terug in die warm oond. Haal uit die oond sodra die kaasvulsel begin smelt, en rond af met ’n skep jalapeñobl­atjang of soetrissie­sous. Garneer met vars kruie en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa