Landbouweekblad

Watter probleme keil boere in jou omgewing op?

-

Die politiek het ’n ongunstige invloed op ons produsente. Die landbou is een van die min bedrywe wat behuising, elektrisit­eit, water en sosiaal-ekonomiese ondersteun­ing aan sy werkers bied, maar ten spyte daarvan is daar ’n aanslag op die bedryf. Die lae ekonomiese groeikoers plaas ook verbruiker­s onder druk, wat hulle nie met ’n ander keuse laat as om goedkoop te koop nie. Dit plaas druk op ons winsmarges, terwyl die kosteknypt­ang se effek hoog is. Eskom gee ook vir ons nagmerries – ons sit met miljarde rande se produkte, maar as die krag afgaan, antwoord Eskom se mense ure lank nie hul fone by die oproepsent­rum nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa