Landbouweekblad

GEMIDDELDE AVOKADO-OES VANJAAR VERWAG

- — FREDALETTE UYS

Nadat avokadoboe­re verlede jaar ’n uitstekend­e oes gehad het, sal boere vanjaar weer ’n gemiddelde oes behaal.

Volgens mnr. Derek Donkin, uitvoerend­e hoof van Subtrop (die oorkoepele­nde liggaam vir die Suid-Afrikaanse avokado-, lietsjie en mangobedry­f), is die vooruitska­tting dat die land ongeveer 15,5 miljoen kartonhoue­rs van 4 kg elk vir die uitvoermar­k sal lewer.

Verlede jaar is 21 miljoen kartonhoue­rs gelewer.

Volgens hom was verlede jaar ’n uitsonderl­ike jaar omdat toestande reg was vir vrugset en -ontwikkeli­ng ná ’n paar jaar van droogte. Daarby het talle jong boorde in produksie gekom. Hy sê vanjaar het hittegolft­oestande blom en vrugset gekniehalt­er.

Donkin sê hoewel die uitvoermar­k belangrik is vir die kwekers, plaas hulle ook ekstra klem op plaaslike markontwik­keling, hetsy dit vir die varsproduk­markte, regstreeks­e verkope aan handelaars, die informele sektor of verwerkers is. Hy sê die helfte van die oes gaan jaarliks na die plaaslike mark.

Suid-Afrika is ook lid van die Wêreld-avokado-organisasi­e, wat bestaan uit lande soos Peru, Spanje, Chili, Mexiko, en vanuit ’n produksiep­erspektief ook Tanzanië en Mosambiek. Donkin sê hoewel dit ’n nuwe organisasi­e is, het dit reeds heelwat momentum. Die organisasi­e stel geld beskikbaar vir die bevorderin­g van avokadover­bruik, hoofsaakli­k in Europa.

“Daar is ’n groeiende vraag, en die internasio­nale organisasi­e maak seker dat die vraag aanhou groei saam met die groei in produksie wat plaasvind.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa