Landbouweekblad

KORTOM

-

Danksy ’n nuwe, moderne bestuursty­l waar plaasbestu­urders in die boerdery se wins deel, het dié tafeldruif­produsent se algehele winsgewend­heid net verbeter. Die Viljoens het besef hulle moet produkte produseer wat aanloklik is vir die mark. Ná deeglike navorsing het hulle sommige jare tot 15% van hul wingerd vervang om plek te maak vir meer gesogte kultivars – wat ook nuwe markte vir hulle geopen het. ’n Moderne pakaanleg span die kroon op hul harde werk van die afgelope paar jaar. Danksy nuwe tegnologie en pakstasies kon die produktiwi­teit met 30% verhoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa