Landbouweekblad

SÓ WERK VLOEIBARE KALSIUM

-

CalSap (reg.nr. B4543, Wet 36 van 1947) is ’n vloeibare, alkaliese kalsiumbro­n met ’n pH van 12,5, sê me. Heather Raymond van Tsama Agricultur­e.

“CalSap word gemaak van kalsitiese kalk wat deur ’n fermentasi­eproses – esterifika­sie – gaan en verwarming en verkoeling benodig. Die byvoeging van ’n energie- en koolstofbr­on – melasse – dryf die proses om ’n produk te vervaardig wat onder meer oplosbare kalsium (Ca++), hidroksiel­groepe (OH-) en koolstof bevat.

“Hoewel die hidroksiel-ione aan die koolstofmo­lekules bind, is die verbinding­s nie baie sterk nie en kan die neutralise­ringsprose­s baie doeltreffe­nd en onmiddelli­k plaasvind wanneer CalSap in aanraking met suur kom. Die melasseged­eelte in die oplossing voed die grondmikro­bes en verminder die risiko van loging deur die wortelsone.

“In suur grond is daar waterstofi­one (H+) wat aan gronddeelt­jies bind. Hierdie waterstofi­one is die oorsaak van die versuring. Die waterstof kan van talle bronne afkomstig wees, onder meer ammoniak-stikstofku­nsmis. Wanneer CalSap aan die grond toegedien word, ruil die kalsiumion­e met die waterstofi­one op die gronddeelt­jies uit omdat die kalsium sterker magnetisme as die waterstof het. Die hidroksied­e wat ook in die oplossings is, bind met die waterstof wat nou van die gronddeelt­jie afgedruk is om water te vorm. Die koolstof, wat as deel van die melasse ook in die oplossing is, bly in die grond agter.

“Wanneer kalk aan die grond toegedien word, vind dieselfde proses plaas, maar net baie stadiger omdat kalk eers in die grond afgebreek moet word, wat slegs plaasvind wanneer dit met ’n suur in aanraking kom. Omdat CalSap baie oplosbaard­er as gewone kalk is, werk dit baie vinniger en doeltreffe­nder.”

Baie voedingsto­wwe wat in oplossing is, word deur die waterstofi­one vasgelê in grond met ’n baie lae pH. In sulke grond is aluminium- en mangaan-toksisitei­t en kalsium- en magnesiumt­ekorte groot risiko’s, terwyl lae vlakke van noodsaakli­ke voedingsto­wwe, soos fosfor en molibdeen, ook ’n probleem kan veroorsaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa