Landbouweekblad

WEERSTAND

-

Weerstand ontstaan weens sommige bosluise se vermoë om die uitwerking van chemiese middels te oorleef. Veral enkelgashe­erbosluise raak eerste weerstandi­g. In SuidAfrika is dit die blouboslui­s, wat sy hele lewensiklu­s van 21 dae op een gasheer voltooi. Só kry die parasiet dus meer blootstell­ing aan aktiewe bestanddel­e. Dié wat oorleef, se nageslag kan dié weerstand laat voortleef. Die voordeel van ’n insekgroei­reguleerde­r is dat dit op meer bosluislew­ensiklusse inwerk. Gevolglik verklein die bosluisbev­olking, wat op sy beurt tot die verlaging van bosluis-oorgedraag­de siektes lei. Dit help ook om die begin van enige opbou van weerstand te vertraag. Boere word aangeraai om saam met hul kuddeveear­ts vas te stel of enige bosluise weerstandi­g is.

Raadpleeg jou Bayer Animal Health-verteenwoo­rdiger vir inligting oor middels vir ’n geintegree­rde bestuurspr­ogram teen uitwendige parasiete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa