Landbouweekblad

Gee hardnekkig­e bosluise só behoorlike opstopper

-

Opgietmidd­els wat help met die bestryding van uitwendige parasiete, soos bosluise, is ’n waardevoll­e hulpmiddel in ’n geïntegree­rde bosluisbek­ampingspro­gram. Deur veevrektes en produksiev­erliese te voorkom en beperk, gee dit die veeproduse­nt ’n veel beter kans op ’n volhoubare boerdery met gesonder diere.

Bayer het in die afgelope eeu en ’n half buitengewo­on baie navorsing en vernuwing ingespan om produsente te help om doeltreffe­nder en winsgewend­er te boer.

Ook op eie bodem het die ontwikkeli­ng en bekendstel­ling van veeartseny­kundige produkte, soos sy Drastic Deadline®-opgietmidd­elreeks, ’n bydrae tot die bestuur en bekamping van skadelike parasiete gelewer.

Blouboslui­se wat ekonomies belangrike siektes versprei, is een van dié parasiete in Bayer se visier. Dit is veral blouboslui­se wat ’n weerstand teen sekere aktiewe bestanddel­e toon, wat voor middels soos Drastic Deadline® Extreme (reg.nr. G3840, Wet 36 van 1947) swig.

Suid-Afrika was die eerste land waar dié middel sowat nege jaar gelede bekend gestel is. Dit is saamgestel uit ’n unieke kombinasie van ’n insekgroei­reguleerde­r (fluasuron 2,5% m/v) en ’n piretroïed (flumetrien 1% m/v). Die middel is geregistre­er vir gebruik by beeste.

Die groeiregul­eerder het ’n sistemiese werking met ’n lang nawerking en is veral op die bekamping van enkelgashe­erbosluise, soos die blouboslui­s, gerig. Die dubbele werking bespaar dus die tyd en moeite wat twee behandelin­gs sou meebring.

Blouboslui­se is verantwoor­delik vir van die siektes wat die meeste veeverlies­e veroorsaak, naamlik Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte. Dit bestry ook multigashe­erbosluise, rooiluise en tsetsevlie­ë by beeste.

Drastic Deadline® Extreme het ’n langer nawerking teen enkelgashe­erbosluise as sy voorganger, wat bykomende roetineaan­wendings teen multigashe­erbosluise met slegs ’n piretroïed moontlik maak.

Dit maak die bestuur van weerstand by bosluise teen chemiese middels makliker en is geskik vir die bekamping van bosluise op plase waar die parasiete reeds weerstand teen die ander bekende aktiewe bestanddel­e soos amidien, piretroïed­e en organofosf­ate ontwikkel het.

NOG MIDDELS

Drastic Deadline® Extreme se voorganger en ouboet is die veelsydige staatmaker Drastic Deadline® (reg.nr. G0723).

Hiermee bied Bayer genoeg opsies om die getal blouboslui­seiers te verminder en die ontwikkeli­ng van een lewenstadi­um na ’n volgende op diere te vertraag.

Drastic Deadline®-opgietmidd­el is geregistre­er om bosluise by beeste, skape, volstruise en sekere wildspesie­s te bekamp deur wyfies te sterilisee­r. Dit help ook om tsetsevlie­ë en rooiluise by beeste en veermyte by volstruise te bekamp.

Die aktiewe bestanddee­l is flumetrien (1% m/v). Dit kan afwisselen­d met Drastic Deadline® Extreme by beeste gebruik word.

 ??  ?? Drastic Deadline® Extreme kan aan die begin van die lente (September en Oktober), in die somer (Desember en Januarie) en weer in die herfs toegedien word, na gelang van van die bosluislad­ing en spesifieke probleme wat met blouboslui­se ervaar word. Die aanbevole dosis is 1 ml per 10 kg liggaamsge­wig, wat langs die toplyn opgegiet word. Raadpleeg die produkaanw­ysings vir nog inligting oor dosisse en veilige gebruik.
Drastic Deadline® Extreme kan aan die begin van die lente (September en Oktober), in die somer (Desember en Januarie) en weer in die herfs toegedien word, na gelang van van die bosluislad­ing en spesifieke probleme wat met blouboslui­se ervaar word. Die aanbevole dosis is 1 ml per 10 kg liggaamsge­wig, wat langs die toplyn opgegiet word. Raadpleeg die produkaanw­ysings vir nog inligting oor dosisse en veilige gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa