Landbouweekblad

KAROO SKEP ASEM

-

Touwsrivie­r is een van die distrikte in die Karoo waar daar verlede naweek die eerste keer in meer as vier jaar reën geval het. Die Gamkadam en Beaufort-Wes het ook die eerste keer in jare broodnodig­e reën gekry. Tog sê mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsa­ke, die einde van die droogte is hoegenaamd nie in sig nie. “Sommige distrikte het meer reën gekry as ander, maar op min plekke het meer as 10 mm geval. Die werk-

likheid is dat die droogte nog voortduur en ons moet dit bly bestuur.” Hy versoek mense wat ’n bydrae tot droogtehul­p wil lewer, soos die sink van boorgate, om met die departemen­t in verbinding te tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa