Landbouweekblad

ROBOTHULP

-

Meer as 1 300 Oos-Kaapse boere gaan danksy ’n vennootska­p tussen Die Kooperasie op Humansdorp en die tegnologie­maatskappy Aerobotics toegang kry tot splinternu­we tegnologie. Volgens mnr. James Paterson, uitvoerend­e hoof van Aerobotics, sal boere hulp kry met onder meer vroeë siekte- en plaag-identifika­sie en verhoogde opbrengs, danksy die datalesing­s wat hommeltuie en programmat­uur kan verwerk om aan die produsente beter en akkurater inligting te verskaf. Aerobotics sal boomanalis­e-tegnologie beskikbaar stel aan lede, wat hul rekening by Die Kooperasie kan gebruik om vir Aerobotics se dienste te betaal. Dit beteken betaling kan eers ná die oes gemaak word. Lees meer by bit.ly/2TCrEUn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa