Landbouweekblad

LEEF IN VREES

-

“Boere en plaaswerke­rs voel geisoleerd en leef daagliks in vrees,” was die reaksie van mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheid­skomitee, oor die moord op me. Gezina Bruwer op ’n plaas in die Molopo verlede naweek. Die verdagtes het oor die grens na Botswana gevlug en was teen druktyd nog op vrye voete. Esterhuyse sê landelike gemeenskap­pe is maklike teikens vir misdadiger­s, en groter paraatheid tuis en betrokkenh­eid by plaaslike gemeenskap­sveilighei­dstrukture is nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa