Landbouweekblad

HELP MET KOEPONS

-

Die nasionale organisasi­e vir opkomende rooivleisp­rodusente (Nerpo) pleit by die Regering om droogtehul­p eerder deur middel van ’n koeponstel­sel te verskaf, sodat boere kan aankoop wat die noodsaakli­kste vir elke plaas is. Sonder ’n koeponstel­sel gaan droogtehul­p weer ’n kwessie vir die Zondo-kommissie of die Openbare Beskermer word, sê hy. Nerpo doen ook ’n beroep op staatsampt­enare om nie staatsgeld ten koste van boere in hul eie sak te steek nie. “In vorige jare was daar bewerings dat ramphulp in die hande van staatsampt­enare en diensversk­affers beland het voordat dit boere kon help.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa