Landbouweekblad

WILDBOERE SUKKEL

-

Die uitbreking van bek-en-klouseer in die noorde van Suid-Afrika is ’n dilemma vir wildboere wat diere moet verskuif, sê me. Adri Kitshoff-Botha, hoofbestuu­rder van Wildbedryf SA. Sy sê hoewel die wildbedryf nie diere van Februarie tot Augustus verskuif nie, kan wildboere wat byvoorbeel­d diere in Namibië en Suid-Afrika aanhou, nie hul wild tussen die twee lande verskuif voordat die verbod op die vervoer van lewende diere opgehef word nie. Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m, sê die uitbreking kom juis op ’n tyd dat wildsvleis-uitvoer besig is om te ontwikkel, maar hy meen die krisis gee alle belanghebb­endes in die rooivleisb­edryf ’n geleenthei­d om saam te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa