Landbouweekblad

IN ’N BLIK

-

Die Bhejane-wildsplaas buite Willowmore in die OosKaap se drie werfhonde, Dori (voor), Charlie (middel) en Chewy (agter), het op ’n plaaspad baljaar ná 30 mm reën verlede naweek op die plaas geval het. Me. Adriana Theunissen, van Bhejane, sê dit het ook goed gereën in die berge, vanwaar die afloopwate­r plaasdamme laat vol loop en landerye sopnat gelaat het. “Ons laaste behoorlike reën was in Februarie 2018, maar ons het vier jaar laas ons gemiddelde jaarlikse reënval gehad.” Weens die droogte was die wild se aanwas kleiner, en hulle kon nie nuwe diere bykoop nie. “Ons voer sommige van ons skaars wildspesie­s nou al die afgelope drie jaar aaneen.” Sy sê hulle het dringend opvolgreën nodig.

 ?? FOTO: ADRIANA THEUNISSEN ??
FOTO: ADRIANA THEUNISSEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa