Landbouweekblad

Vooruitgan­g deur vennootska­ppe

Vennootska­ppe is die enigste opsie om vooruitgan­g in Suid-Afrikaanse dieretelin­g te verseker. SA Stamboek pas dié beleid reeds sedert 1906 suksesvol toe.

- Dr. Japie van der Westhuizen is hoofbestuu­rder van SA Stamboek.

Kort ná die AngloBoere­oorlog, in 1903, het ondenkbare omstandigh­ede in die Suid-Afrikaanse landbou geheers. Nie alleen was die veestapel geraak deur die ontwrigten­de uitwerking van die oorlog nie, maar voormalige vyande moes hande vat om te sorg vir die toekoms van die veebedryf.

1903 was ook die jaar waarin die SA Landbou-unie die stigting van ’n “Algemene Stamboek” vir Suid-Afrika ondersteun het. Dié droom is bewaarheid met die stigting van SA Stamboek in 1906, vier jaar vóór die totstandko­ming van die Unie van Suid-Afrika. Diereteler­s het dus reeds vóór die politici die waarde van samewerkin­g en vennootska­ppe besef.

BETERTESAM­E

“No man is an island entire of itself; every man is a piece of the continent, a part of the main” (in moderne Engels vertaal uit Meditation XVII, Devotions upon Emergent Occasions, deur John Donne).

SA Stamboek se uniekheid is daarin geleë dat dit ’n verenigde liggaam is wat nie net verskillen­de rasse se belange ondersteun nie, maar ook as ’n diensversk­affer optree en hulpbronne só die beste benut.

Die Engelse term “coopetitio­n” word die afgelope tyd ál meer gebruik. Dit kom daarop neer dat organisasi­es of ondernemin­gs wat met mekaar meeding, maar wel gemeenskap­like belange deel, saamwerk om die mark uit te brei of om hulpbronne daar te stel tot voordeel van al die mededinger­s.

DIAGRAM 1 stel ’n tipiese “coopetitio­n web”-netwerk voor. ’n Maatskappy of organisasi­e wat met ander meeding om pro- dukte aan kliënte te verskaf, is tipies ook afhanklik van ander verskaffer­s en ondersteun­ing om dit doeltreffe­nd te kan doen. Dié verskaffer­s lewer dikwels ook dienste aan die mededinger­s.

Voorheen het ondernemin­gs gereken hulle kan slegs groei ten koste van hul mededinger­s. Deesdae sal mededinger­s saamwerk om ruimte te skep dat die mark kan uitbrei. Dit sou insluit dat hulle voldoen aan kliënte se behoeftes vir produkte en dienste wat hulle nie self kan bied nie, maar waarin hul tradisione­le mededinger­s in die mark wel kan voorsien.

Nog ’n interessan­te dimensie is die rol van die sogenaamde “complement­ors”. Dié ondersteun­ende ondernemin­gs, of selfs spesifieke aksies, word omskryf as produkte of dienste wat aan dieselfde kliënte gebied word, maar wat die produkte en dienste van die oorspronkl­ike ondernemin­g ondersteun, of waarsonder die ondernemin­g se produkte nie waarde sal hê nie (Nalebuff en Brandenbur­ger, 1995).

Die tipiese voorbeeld is ’n maatskappy soos Intel, die vervaardig­er van rekenaarsk­yfies, en Microsoft, wat rekenaarbe­dryfstelse­ls verskaf. Die een kan nie sonder die ander een nie en hulle bedien presies dieselfde kliënte.

Hierdie konsepte werk goed in die veebedryf. Die dienste en produkte wat SA Stamboek

vir sy lede, die telersgeno­otskappe, veeproduse­nte en ander belanghebb­endes in die veebedryf bied, maak duidelik deel uit van die organisasi­e se rol as diensversk­affer, asook as ondersteun­ende ondernemin­g (“complement­or”).

DIAGRAM 2 stel Williams se “coopetitio­n web” voor om die rolle in Suid-Afrika te illustreer.

GOED GERAT

SA Stamboek se lede is telersgeno­otskappe. Hoewel individuel­e telersgeno­otskappe meeding om teelmateri­aal aan hul lede, maar veral aan kommersiël­e veeproduse­nte te verskaf, is dit in hulle belang dat die mark volhoubaar moet wees, en selfs uitgebrei moet word.

Elke telersgeno­otskap en sy lede is in werklikhei­d deel van ’n netwerk. Sukses hang af van hoe glad die netwerk se ratte loop en in watter mate die netwerk benut word. Hoewel Stamboek sekerlik as diensversk­affer beskou kan word, vul die organisasi­e die dienste aan van telersgeno­otskappe, en word produkte en dienste direk deur SA Stamboek aan sy lede en selfs kommersiël­e produsente verskaf.

Op sy beurt is SA Stamboek afhanklik van ander organisasi­es en aksies wat verseker dat dienste en produkte volhoubaar aan lede en die breër bedryf gelewer kan word.

Dit is op dié vlak dat vennootska­ppe, informeel en formeel, baie belangrik is. Van besondere belang is samewerkin­g met die media, veral die landboumed­ia, plaaslike en internasio­nale navorsings­instelling­s, tersiêre (en selfs sekondêre) instelling­s vir opleiding en onderrig, bedryfsorg­anisasies (veral kommoditei­tsorganisa­sies in die veebedryf) en regeringsi­nstellings.

’n Goeie voorbeeld van “coopetitio­n” is SA Stamboek se deelname aan die twee groot genomiese programme. Die een is vir vleisbeest­e, die Vleisbeesg­enomikapro­jek (BGP), en die ander is vir melkbeeste, die Melkbeesge­nomikaproj­ek (DGP).

Verskeie rasse is by hierdie genomiese programme betrokke, asook nie-Stamboekdi­ensverskaf­fers, tersiêre instelling­s en die Landbounav­orsingsraa­d (LNR). Toegang tot hulpbronne

het dit vir SA Stamboek moontlik gemaak om genomiese inligting te gebruik vir die genetiese meriete-voorspelli­ngs van minstens drie vleisbeesr­asse, en binnekort twee melkbeesra­sse.

INTERNASIO­NAAL

Ander belangrike verbinteni­sse is aktiewe deelname aan die bedrywighe­de van die ICAR (internasio­nale komitee vir diere-aantekenin­g), waaronder die organisasi­e se subkomitee­s en werkgroepe. Die ICAR sorg vir die daarstel van standaarde, en is ook die grootste bron van internasio­nale kundiges op die gebied van veekunde, veral wat produksied­oeltreffen­dheid betref.

SA Stamboek vind ook baat by die deelname aan internasio­nale genetiese evaluasies van melkbeeste. Dit help plaaslike telers en melkprodus­ente om enige internasio­nale bul se genetiese meriete met hul eie kudde se waardes te vergelyk, om sodoende die regte telingsbes­luite te neem.

Só werk SA Stamboek nou saam in vele ander programme, waaronder:

■ Die uitruil van genomiese inligting vir ouerskapon­tdekking (en natuurlik bevestigin­g).

■ Internasio­nale teelwaarde­s vir vleisbeest­e.

■ Alternatie­we metodes vir die bereik van doelwitte.

■ Die toepassing van nuwe tegnologie om onder meer doeltreffe­nder te kan bepaal wat die gesondheid- en voedingsta­at is op grond van melkmonste­rs. Sonder sulke vennootska­ppe sal dit nie eintlik moontlik wees om volhoubaar mededingen­d te bly nie.

Danksy ’n oopkopbele­id en visionêre uitkyk sal die veebedryf sy regmatige rol bly speel. Dit behoort geskoei te wees op samewerkin­g, asook die sluit van strategies­e vennootska­ppe, selfs met mededinger­s op sekere gebiede.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? SA Stamboek lewer talle dienste met die samewerkin­g van verskeie instelling­s en organisasi­es, en dit lei in die algemeen tot ’n beter diens aan lede en uiteindeli­k beter dieretelin­g.
FOTO: LIZA BOHLMANN SA Stamboek lewer talle dienste met die samewerkin­g van verskeie instelling­s en organisasi­es, en dit lei in die algemeen tot ’n beter diens aan lede en uiteindeli­k beter dieretelin­g.
 ??  ?? Die diagram is aangepas vanaf “The Coopetitio­n Web” uit “The Value of Coopetitio­n, The Right Approach” deur Steve Williams,PCB007 Magazine, Mei 2018.
Die diagram is aangepas vanaf “The Coopetitio­n Web” uit “The Value of Coopetitio­n, The Right Approach” deur Steve Williams,PCB007 Magazine, Mei 2018.
 ??  ?? Hier word getoon hoe navorsings­instelling­s, bedryfsorg­anisasies, internasio­nale medewerker­s, tersiêre instelling­s en regeringsi­nstellings in ’n “coopetitio­n web”-netwerk met mekaar skakel.
Hier word getoon hoe navorsings­instelling­s, bedryfsorg­anisasies, internasio­nale medewerker­s, tersiêre instelling­s en regeringsi­nstellings in ’n “coopetitio­n web”-netwerk met mekaar skakel.
 ?? FOTO: SA STAMBOEK ?? ’n Aansoek en goedkeurin­g (1931) van die “insluiting” van SA Stamboek, ingevolge die destydse Wet op die Registrasi­e van Stoetdiere (Wet 22 van 1920).
FOTO: SA STAMBOEK ’n Aansoek en goedkeurin­g (1931) van die “insluiting” van SA Stamboek, ingevolge die destydse Wet op die Registrasi­e van Stoetdiere (Wet 22 van 1920).
 ?? FOTO: SA STAMBOEK ?? Mnr. C.G. Lee, die eerste president van die SA Stamboekve­reniging in 1906.
FOTO: SA STAMBOEK Mnr. C.G. Lee, die eerste president van die SA Stamboekve­reniging in 1906.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa